Vertaal deur Helmut Burger

[Up]

pdficon small - PDF

Hoe is dit dat Christene "nie onder wet nie maar onder genade" is?

Hoe is Jesus die "einde van die wet"?

Twee sleutelskrifgedeeltes uit die apostel Paulus se brief aan die Romeine skep baie verwarring omdat dit tipies buite konteks deur nominale "Christene" aangehaal word. In isolasie gelees lyk dit asof dit nie langer van Christene vereis word om die wette en gebooie van God te onderhou nie. Wat sê hierdie Skrifgedeeltes egter rêrig?

Romeine 6:14 – "Want sonde sal oor julle nie heers nie; want julle is nie onder wet nie, maar onder genade" – kan nie in isolasie verataan word nie; die hele konteks van Romeine ses moet ondersoek word om Paulus se bedoeling te verstaan. In werklikheid word die sleutel reeds in die eerste twee verse van die hoofstuk gegee. Paulus vra die vraag en gee ook die antwoord: "Wat sal ons dan sê? Sal ons in sonde bly, dat genade meer kan word? Nee, stellig nie! Ons wat sonde afgesterf het, hoe kan ons nog daarin lewe? (verse 1-2).

Hou in gedagte dat sonde die oortreding van die wet is (I Joh. 3:4). Dit spreek dus vanself dat, as Christene nie langer in sonde kan leef nie, hulle die wette en gebooie van God moet onderhou, maar, God se wette word nou in die gees gehou – onder die genade van God!

Paulus verduidelik dan in Romeine ses dat die werking van die doop die "doop in die dood en begrafnis" van die ou sondage mens versinnebeeld – wat mens dan tot God die Vader regverdig en vergifnis van gedane sondes bring. Hy verduidelik dit so: "Of weet julle nie dat ons almal wat in Christus Jesus gedoop is, in sy dood gedoop is nie [aangesien Jesus vir ons sondes gesterf het]? Ons is dus saam met Hom begrawe deur die doop in die dood, sodat net soos Christus uit die dode opgewek is deur die heerlikheid van die Vader, ons ook so in 'n nuwe lewe kan wandel" [nou met die Heilige Gees van God – in geestelike gehoorsaamheid].

"Want as ons met Hom saamgegroei het deur die gelykvormigheid aan sy dood, sal ons dit tog ook wees deur dié aan sy opstanding; aangesien ons dit weet dat ons oue mens saam gekruisig is, sodat die liggaam van die sonde tot niet gemaak sou word en ons nie meer die sonde sou dien nie. Want hy wat gesterf het, [deur bekering en waterdoop] is geregverdig van die sonde" [deur die bloed van Jesus Christus].

"As ons dan saam met Christus gesterf het, glo ons dat ons ook saam met Hom sal lewe, omdat ons weet dat Christus, nadat Hy opgewek is uit die dode, nie meer sterf nie. Die dood heers oor Hom nie meer nie. Want die dood wat Hy gesterf het, het Hy vir die sonde eens en vir altyd gesterwe; maar die lewe wat Hy leef, leef Hy vir God. So moet julle ook reken dat julle wel vir die sonde dood is, maar lewend is vir God in Christus Jesus, onse Here."

"Laat die sonde dan in julle sterflike liggaam nie heers dat julle aan sy begeerlikhede gehoorsaam sou wees nie. En moenie julle lede stel tot beskikking van die sonde as werktuie van ongeregtigheid nie, maar stel julleself tot beskikking van God as mense wat uit die dode lewend geword het, en julle lede as werktuie van geregtigheid in die diens van God."

"Want die sonde sal oor julle nie heers nie; want julle is nie onder wet nie [vir vergifnis en regverdigmaking] , maar onder genade [vir vergifnis en regverdigmaking]. Wat dan? Sal ons sonde doen, omdat ons nie onder die wet [vir vergifnis en regverdigmaking] is nie maar onder die genade [vir vergifnis en regverdigmaking]? Nee, stellig nie! Weet julle nie dat aan wie julle julself as diensknegte tot beskikking stel om hom gehoorsaam te wees, julle diensknegte is van hom aan wie julle gehoorsaam is nie òf van die sonde tot die dood, òf van die gehoorsaamheid tot geregtigheid? Maar ons dank God dat julle wel diensknegte van die sonde was, maar van harte gehoorsaam geword het aan die voorbeeld van die leer wat aan julle oorgelewer is" (verse 3-17).
Hou in gedagte dat, vanaf Romeine 3:20 tot 6:23, Paulus se hele verduideliking van regverdigmaking van gedane sondes deur genade deur die bloed van Jesus Christus, gekontrasteer word met die absolute onvermoë van enige wet om ware geestelike regverdigmaking vir die sondaar te bewerkstellig. Dit is dus die konteks waarbinne Romeine 6:14 geskrywe is. Wanneer Paulus skryf dat Christene "nie onder wet nie maar onder genade is," bedoel hy dat ons nie poog om regverdigmaking deur wet te verkry nie– wat onmoontlik is – maar deur God se genade.

Dit dan, is die ware skriftuurlike betekenis van Romeine 6:14.

Die apostel Johannes verduidelik verder die deurlopende regverdigmaking en vergifnis van sonde wat gelowiges deur geloof in die offerhande en bloed van Jesus Christus het:"

"As ons sê dat ons met Hom gemeenskap het en in die duisternis wandel[deur in sonde te lewe], dan lieg ons en doen nie die waarheid nie["U woord is die waarheid" (Joh. 17:17). Maar as ons in die lig wandel [van God se Woord, in liefde en gehoorsaamheid]soos Hy in die lig is, dan het ons gemeenskap met mekaar; en die bloed van Jesus Christus, sy Seun, reinig ons van alle sonde.

"As ons sê dat ons geen sonde het nie, mislei ons onsself en die waarheid is nie in ons nie. As ons ons sondes bely, Hy is getrou en regverdig om ons die sondes te vergewe en ons van alle ongeregtigheid te reinig. As ons sê dat ons nie gesondig het nie, dan maak ons Hom tot 'n leuenaar en is sy woord nie in ons nie."

"My kinders, ek skryf hierdie dinge aan julle, dat julle nie moet sondig nie; en as iemand gesondig het, ons het 'n Voorspraak by die Vader, Jesus Christus, die Regverdige. En Hy is 'n versoening vir ons sondes, en nie alleen vir ons s'n nie, maar ook vir dié van die hele wêreld."(I Joh. 1:6-10; 2:1-2).

Johannes gaan dan verder met sy verduideliking van vergifnis van ons sondes deur die bloed van Jesus Christus, met `n vermaning dat dat daar op ons beurt vereis word om die gebooie van God te onderhou.Dit staaf weereens dat God se barmhartige genade nie toelaat dat mens kan voortgaan om in sonde te lewe nie. Let daarop: "En hieraan weet ons dat ons Hom ken: as ons sy gebooie bewaar. Hy wat sê: Ek ken Hom, en sy gebooie nie bewaar nie, is 'n leuenaar en in hom is die waarheid nie.Maar elkeen wat sy woord bewaar, in hom het die liefde van God waarlik volmaak geword. Hieraan weet ons dat ons in Hom is. Hy wat sê dat hy in Hom bly, behoort self ook so te wandel soos Hy gewandel het.(I Joh. 2:3-6). Hierdie is die volle en ware betekenis van lewe in die genade van God.

Romeine 10:4 " Want Christus is die einde van die wet tot geregtigheid vir elkeen wat glo" word tipies ook verkeerd verstaan. As hierdie vers in isolasie gelees word sonder oorweging van die konteks, historiese agtergrond en die onderliggende Grieks, skep dit inderdaad die indruk dat Christus `n einde van die wet gebring het.Is dit egter wat dit rêrig beteken? Indien wel, van watter wet het Jesus `n einde gemaak?

As gevolg van hierdie enkele vers neem talryke mense aan dat al God se wette en gebooie tot `n einde gekom het. Maar is dit waar? Is dit vir `n mens moontlik om enige wet van God te beëindig? Probeer om die wet van swaartekrag te beëindig. Dit is nie moontlik nie. Alle dinge is onderworpe aan wet en mense is onderworpe aan God se wet. Sou Christus, as Wetgewer werklik al God se wette beëindig sodat mense vryelik en sonder gevolge kan sondig? Definitief nie! Maar dit is wat miljoene Christene omarm wanneer hulle hierdie enkele vers lees.

Eerder as om hierdie vers in isolasie te lees, laat ons die konteks waarbinne Paulus hierdie skrifgedeelte geskrywe het ondersoek. Let daarop dat dit mense is wat die Bybel opgedeel het in hoofstukke en verse. Die konteks van Romeine 10:4 begin in werklikheid nie met vers een van daardie hoofstuk nie maar met Romeine 9:30. Paulus skrywe: "Wat sal ons dan sê? Dat die heidene, wat die geregtigheid nie nagejaag het nie, die geregtigheid verkry het, naamlik die geregtigheid wat uit die geloof is" (Rom. 9:30).

Sodra mens van gedane sondes van die verlede geregverdig is moet mens die gebooie van God in die "gees van die wet" onderhou. Paulus skrywe: " aangesien dit inderdaad een God is wat die besnedenes sal regverdig uit die geloof en die onbesnedenes deur die geloof. Maak ons dan die wet tot niet deur die geloof? Nee, stellig nie! Inteendeel, ons bevestig die wet." (Rom. 3:30-31). En weer, "sodat, soos die sonde geheers het in die dood, so ook die genade kan heers deur die geregtigheid tot die ewige lewe deur Jesus Christus, onse Here.  Wat sal ons dan sê? Sal ons in die sonde bly, dat die genade meer kan word? Nee, stellig nie! Ons wat die sonde afgesterf het, hoe kan ons nog daarin lewe?" (Rom. 5:21; 6:1-2).

Bykomstig hiertoe het die Jode wat Jesus Christus verwerp het en voortgegaan het met hulle tempel rituele en onderhouding van tradisionele wette van Judaïsme nooit regverdiging deur God behaal deur hulle werke van wet nie. Ware regverdigmaking kan alleen geskied deur die genade van God en die offerhande van Jesus Christus vet vergeweing van sondes: "terwyl Israel, wat `n wet [in die Griekse teks is daar geen bepaalde lidwoord, "die" nie]van geregtigheid [regverdigmaking]nagejaag het,`n wet van geregtigheid [regverdigmaking]nie bereik het nie. Waarom? Omdat dit nie uit die geloof was nie, maar net asof dit uit  werke van wet[daar is weereens nie `n bepaalde lidwoord voor "wet" in die Griekse teks nie] was; want hulle het hul gestamp teen die steen van aanstoot. Soos geskrywe is: Kyk, Ek lê in Sion 'n steen van aanstoot en 'n rots van struikeling; en elkeen wat in Hom glo, sal nie beskaam word nie."(Rom. 9:31-33).

Dit is belangrik om daarop te let dat in die voormelde skrifgedeeltes daar nie bepaalde lidwoord, "die," voor "wet" of "werke van wet," is nie. Paulus verwys derhalwe nie na die Tien Gebooie nie. Paulus skrywe in werklikheid oor "regverdigmaking deur werke van wet" – dit is, deur die werking van tempel rituele en/of tradisionele wette van Judaïsme. Enigiemand wat Jesus Christus verwerp kan nooit regverdiging van gedane sondes deur rituele of Joodse tradisionele wette, inderdaad, wette van enige ander godsdiens verkry nie. Dit is waarom Paulus gesê het dat die Jode gestruikel het; Jesus was die "steen des aanstoots" – wat hulle verwerp het. Alhoewel die Jode gepoog het om regverdiging van sondes te verkry deur tempel rituele en ander wette, kom ware geestelike regverdigmaking slegs deur God die Vader deur die offerhande van Christus. Dit is slegs haalbaar deur bekering van sondes en waterdoop met ware geloof in die gestorte bloed van Jesus – alles deur die genade van God. Hierdie geestelike regverdigmaking deur geloof – oftewel, "geregtigheid van geloof" – kan nie behaal word deur enige "werke van wet" nie.
Let op hoe Paulus dit in hoofstuk 10 verduidelik: "Broeders, die verlange van my hart en die gebed wat ek tot God vir Israel doen, is tot hulle redding. Want ek getuig van hulle dat hulle 'n ywer vir God het, maar sonder kennis.

"Want omdat hulle die geregtigheid[regverdigmaking] van God nie ken nie en hulle eie geregtigheid probeer oprig, het hulle hul aan die geregtigheid [regverdigmaking]van God nie onderwerp nie. Want Christus is die einde van die wet tot geregtigheid[regverdigmaking] vir elkeen wat glo."(Rom. 10:1-4).

Met ander woorde, vir hulle wat glo, kom ware regverdigmaking deur Christus – waardeur sodoende `n einde gemaak word aan futiele pogings tot regverdigmaking deur rituele werke.

So, die ware betekenis van Romeine 10:4 is dat deur Jesus Christus, deur Sy offerhande vir sonde, daar eens en vir altyd `n einde gemaak is aan tempel rituele wette en tradisionele wette van Judaïsme vir regverdigmaking. Deur dit te skryf het Paulus nie eensydig al die wette van God tot `n einde gebring soos wat miljoene graag wil glo nie. Hy het benadruk dat ware geestelike regverdiging [regverdigmaking] vanaf God die Vader op `n unieke manier ontvang word deur geloof in die offerhande en bloed van Jesus Christus, wat die gekombineerde werking van geloof en genade is en nie deur werke van enige wet verkry kan word nie."

Books