Vertaal deur Helmut Burger | [Up]


pdficon small - Apostel Paulus se Lering aangaande Regverdigmaking in die Boek van Galasiërs

Het Paulus die Galasiërs geleer dat hulle nie verplig was om die wette van God te onderhou nie?

Galasiërs 5:18 - Maar as julle deur die Gees gelei word, dan is julle nie onder die wet nie. (Afrikaanse Ou Vertaling, hierna “AOV”), blyk `n groot struikelblok vir hoofstroom Christendom te wees synde dat daar oor die algemeen aangeneem word dat Paulus hierdeur aan die Galasiërs sê dat daar nie van hulle verwag word om God se gebooie te onderhou nie. 

Die probleem, soos dit die geval is met verskeie soortgelyke skrifgedeeltes, is een van swak vertaling. Die bepaalde lidwoord, “die”, voor die woord, “wet”, is nie deel van die oorspronklike Griekse teks nie; die skrifgedeelte moet lees: “Maar as julle deur die Gees gelei word, dan is julle nie onder wet nie”. Maar wat beteken dit om, “nie onder wet”, te wees nie?Verwys dit na God se heilige, regverdige wette en gebooie? Verwys dit na rituele wette van die Ou Testament? Wat van die tradisionele wette van Judaïsme?

Soos wat ons dieper delf in die apostel Paulus se skrywes aangaande “regverdigmaking deur geloof” en “werke van wet,” hou hierdie sleutel-agtergrondpunte in gedagte:

  • Net soos Paulus die Christene in Rome opdrdag gegee het dat, as ons eens geregverdig is van sondes in ons verlede, kan ons nie langer in sonde lewe, as `n lewenswyse, nie – want sonde is “wetteloosheid.” (I Joh. 3:4). Hy skryf: “ (Rom 6:1-2)“ Wat sal ons dan sê? Sal ons in die sonde bly, dat die genade meer kan word?

Nee, stellig nie! Ons wat die sonde afgesterf het, hoe kan ons nog daarin lewe?” Wat betref die onderhouding van God se wette in die gees, skryf Paulus aan die Romeine dat “ons dien in die nuwigheid van die Gees en nie in die oudheid van die letter nie…Dus is die wet heilig en die gebod is heilig en regverdig en goed…Want ons weet dat die wet geestelik is…” (Rom. 77:6, 12, 14). Paulus het NOOIT teen die wette en gebooie van God in enige van die kerke geleer nie.

  • Die frase, “werke van wet” verwys na die werke van enigewet – die wette van God, die wette van Judaïsme en die wette van heidense godsdienste. Dit is duidelik dat Paulus “werke van wet” in die breedste sin gebruik het – wat alle godsdienstige werke van wet insluit. Hierteenoor, as die bepaalde lidwoord “die” in die Grieks gebruik word – soos in “werke van wet” – verwys dit spesifiek na die Wet van God. (Vir `n meer gedetailleerde verduideliking van “werke van wet en “werke van die wet,” sien die artikel, “Did the Apostle Paul Teach a Righteousness Without Law-Keeping?”.)

Paulus se gebruik van die frase, “works of law” sluit daarom alle mensgemaakte godsdienstige dekrete, tradisionele wette van Judïsme (Markus 7:1-13), en die rituele en offerwette wat deur die heidene gevolg is in die aanbidding van hulle gode, in (Handelinge 14:8-18). 

  • Dwarsdeur Paulus se skrywes beklemtoon hy dat regverdigmaking genadevol aan die gelowige geskenk word gebaseer op bekering en geloofin die offerhande en gestorte bloed van Jesus Christus. Hierdie staat van regverdigmaking word die “gawe van geregtigheid,” of “die gawe van regverdiging,” wat God die Vader vrylik toeskryf aan die bekeerde gelowige (Rom. 5:17), genoem. Dit kan nooit verdien word deur enige werk van enigewet te doen nie.

Galasiërs Twee:  Paulus skryf dat hy gedwing was om Petrus, Barnabas en ander Jode te vermaan oor hulle skynheiligheid wat betref hulle terugkeer na `n tradisionele wet van Judaïsme wat Jode verbied om saam met Heidene, (“Gentiles”), te eet. Petrus het van beter geweet in die lig daarvan dat God hom eerste gebruik het om die evangelie en bekering aan die heidene te verkondig, beginnende met Cornelius en sy huishouding (Hand. 10).

Soos gesien sal word, betrek die gebeure in hoofstuk twee van Galasiërs nie enige wet of gebooie van God nie – slegs tradisionele wette van Judaïsme, deur Paulus genoem, “werke van wet.” Die onderhouding van sulke tradisionele Joodse wette kan nooit geestelike regverdigmaking bewerkstellig nie – of mens in die regte verhouding met God die Vader plaas nie. Laat ons die hele weergawe, vers vir vers, in oënskou neem:

Gal. 2:11-21. Maar toe Petrus in Antiochíë gekom het, het ek hom openlik teëgestaan, omdat hy veroordeeld gestaan het.Want voordat sommige van Jakobus af gekom het, was hy gewoond om saam met die heidene te eet; maar ná hulle koms het hy hom teruggetrek en hom eenkant gehou [van die heidene]uit vrees vir die wat uit die besnydenis is. En saam met hom het ook die ander Jode geveins [skynheilig opgetree], sodat selfs Barnabas hom laat meevoer het deur hulle geveins[skynheiligheid]. Maar toe ek sien dat hulle nie reguit loop volgens die waarheid van die evangelie nie, het ek vir Petrus in teenwoordigheid van almal gesê: As jy wat ‘n Jood is, soos ‘n heiden lewe en nie soos ‘n Jood nie [volgens Judaïsme nie], waarom dwing jy die heidene om soos Jode te lewe?[Dit is om afsonderlik te eet, soos wat onbekeerde Jode doen]. Ons wat van nature Jode en nie sondaars uit die heidene is nie,  terwyl ons weet dat die mens nie geregverdig word uit die[tradisionelewerke van die wet nie, maar alleen deur die geloof in [vanJesus Christus, selfs ons het in Christus Jesus geglo, sodat ons geregverdig kan word uit die geloof in [van] Christus en nie uit die [tradisionele] werke  van wet nie [die bepaalde lidwoord voor die woord “wet” kom nie in die Griekse teks voor nie].; omdat uit [tradisionelewerke van wet [die bepaalde lidwoord voor die woord “wet” kom nie in die Griekse teks voor niegeen vlees geregverdig sal word nie.[voor God van sondes in die verlede].”

 “ Maar as ons wat streef om in Christus geregverdig te word, self ook sondaars bevind is, is Christus dan ‘n dienaar van die sonde? Nee, stellig nie! Want as ek weer opbou wat ek afgebreek het [Paulus se aanhang van die Joodse wette], dan betoon ek myself ‘n oortreder;

want deur wet[bepaalde lidwoord is afwesig in die Grieks][omdat die loon van die sonde die dood is] is ek vir [tradisionele] wet[bepaalde lidwoord is afwesig in die Grieks] dood[deur die werking van die doop] om vir God te lewe[in liefde en gehoorsaamheid]. Ek is met Christus gekruisig, [deur die doop]en ék leef nie meer nie, maar Christus leef in my. En wat ek nou in die vlees lewe, leef ek deur die geloof in die Seun van God wat my liefgehad het en Homself vir my oorgegee het. Ek verwerp nie die genade van God nie; want as daar geregtigheid deur [werke van]wet is, dan het Christus tevergeefs gesterwe.”

Die hele doel van bekering, doop en regverdigmaking deur geloof in die gestorte bloed en offerhande van Jesus Christus is om die Heilige Gees van God te ontvang wat ons verwekking deur God die Vader en die pand van ons verlossing is (I Joh.3:9;Efesiërs 1:13-14). Paulus het absoluut niks in voormelde passasies geskryf wat geïnterpreteer kan word as `n wegdoening met die wette en gebooie van God nie – want geen mens kan dit doen nie!

Galasiërs Drie: Paulus gaan in hoofstuk drie voort om dit duidelik te maak dat geen werk van geen wet regverdigmaking van sondes van die verlede kan bewerkstellig nie. Alhoewel God van Christene vereis om Sy wette en gebooie te onderhou in die volle geestelike bedoeling daarvan, het geen wet die mag om sonde te vergewe, mens voor God te regverdig nie, die Heilige Gees te laat toekom of om die ewige lewe te gee nie. Die funksie van God se wette en gebooie is om sonde te definieer: Gal. 3:1-5. “O onverstandige Galásiërs, wie het julle betower om die waarheid nie gehoorsaam te wees nie, julle voor wie se oë Jesus Christus afgeskilder is as onder julle gekruisig?  Dit alleen wil ek van julle weet: het julle die Gees ontvang uit [tradisionelewerke  van  wet[die bepaalde lidwoord kom nie in die Grieks voor nie]  of uit die prediking van die geloof? Is julle so onverstandig? Nadat julle met die Gees begin het, eindig julle nou met die vlees [deur gehoorsaamheid aan die vleeslike wette van Judaïsme]? Daarom, oorweeg die volgende “Hy wat julle dan die Gees verleen en kragte onder julle werk, doen Hy dit uit werke van  wet[die bepaalde lidwoord kom nie in die Grieks voor nie]  of uit die prediking van die geloof?

Wat betref die wette en gebooie van God demonstreer Paulus dat hulle nie in stryd is met God se beloftes van ewige lewe is nie – wat alleen kom deur liefdevolle gehoorsaamheid en geloof in Jesus Christus. Gal. 3:21-25 “Is die wet dan teen die beloftes van God? Nee, stellig nie! Want as daar ‘n wet gegee was wat krag het om lewend te maak, dan sou die geregtigheid werklik uit die wet wees. Maar die Skrif het alles ingesluit onder die sonde, sodat die belofte uit die geloof in Jesus Christus aan die gelowiges gegee kon word. Maar voordat die geloof gekom het, is ons onder die wet in bewaring gehou, ingesluit met die oog op die geloof wat geopenbaar sou word. Die wet was dus ons tugmeester na Christus toe, sodat ons geregverdig kan word uit die geloof. Maar nou dat die geloof gekom het, is ons nie meer onder ‘n tugmeester nie.”

Na bekering, doop en hande-oplegging gee God Sy Heilige Gees – wat met die mens se gees verenig, (I Joh. 3:9) en wat bekering bring (Joh. 14:17). God begin dan om Sy wette en gebooie in die verstand van die nuwe gelowige (Heb. 10:16). Instede daarvan om lering van die wette en gebooie van God op `n eksterne  manier te leer, begin die gelowige nou die gesindheid van Christus om deur die Heilige Gees deur geloof (Fill. 2:5) die gelowige in alle geregtigheid te lei (Rom. 8:14).

Galasiërs Vyf: Judaïsme het vereis dat proseliete na die vlees besny moet word voordat hulle in die Sinagoge toegelaat is. Daarna moes hulle die tradisionele wette van Judaïsme onderhou.Valse leraars het veroorsaak dat bekeerlinge in Galasië teruggekeer het na hierdie leringe wat `n mengsel van heidense Gnostiesisme enafgelei van Hellenistiese Judaïsme. Hierdie was die Hierdie is die “juk van diensbaarheid” waarvan Paulus praat. Aan die ander kant, was die wette en gebooie van God nooit `n “juk van diensbaarheid “ nie – selfs as dit in die letter van die wet onderhou word nie soos vereis onder die Ou Verbond (Deut. 4:1-8, 39-40; 5:1-21, 32-33; 6:1-25).

Hierdie is die rede dat Paulus die Galasiërs vermaan het om ontoegeeflik wat betref die ware geloof te wees en hulle waarsku om nie terug te keer na “werke van wet” of Judaïsme vir doeleindes van regverdigmaking, nie: Gal. 5:1-5 “Staan dan vas in die vryheid waarmee Christus ons vrygemaak het, en laat julle nie weer onder die juk van diensbaarheid bring nie.

Kyk, ek, Paulus, sê vir julle dat as julle jul laat besny, [in die vlees eerder as in die hart deur die Gees (Rom. 2:25-29; Kol. 2:13)] Christus vir julle tot geen nut sal wees nie. En ek betuig dit weer aan elke mens wat hom laat besny,[fisies] dat hy onder verpligting is om die hele wet [al die Ou Testamentiese wette en die tradisionele wette van Judaïsme wat daardeur bekering, geloof en doping uit die weg ruim].] te onderhou.  5:4)  Julle wat geregverdig wil wees deur werke van wet, is losgemaak van Christus; julle het van die genade verval. Want óns verwag deur die Gees uit die geloof die geregtigheid waarop ons hoop”.

Teen hierdie agtergrond kan ons sien dat Paulus in Galasiërs 5:18 sy argument aangaande die poging om regverdigmaking deur werke te verkry, voortsit. Ons sien dus dat die frase “nie onder wet nie” niks te make het met wegdoening van God se wette en gebooie nie maar verwys na nie onder, of afhanklik van, werke van wet vir doeleindes van regverdigmaking nie Gal. 5:18. “Maar as julle deur die Gees gelei word, dan is julle nie onder [werke van wet] wet nie.”

Books