Vertaal deur Helmut Burger


Voorwoord

Hierdie boekie is oorspronklik in Engels geskryf deur Fred R. Coulter, leraar van die Christian Biblical Church of God, Hollister, Kalifornië, VSA. Die Engelse titel is: "How Did Jesus Christ Fulfill the Law and the Prophets?", en kan op die webwerf, www.cbcg.org, gekry word.

Wat hier onder volg is nie `n letterlike vertaling nie maar eerder `n verwerking. Die rede hiervoor is eenvoudig omdat die oorspronklike artikel deur die outeur geskryf is vir die Engelssprekende leser wat met die King James Weergawe van die Bybel vertroud is. Om sekere gedeeltes van die artikel meer toepaslik vir die Afrikaanse leser te maak, en ook omdat die Afrikaanse taal soms in `n ander idioom uitdrukking vind, is die artikel hier en daar aangepas.

Wat die kernonderwerp van die oorspronklike artikel egter aanbetref, naamlik die Skriftuurlike waarheid van hoe Jesus die Wet en die Profete vervul het, is daar egter so na as moontlik aan `n letterlike vertaling gebly.

Laastens – alle Skrifaanhalings is uit die 1953(Hersiene) Uitgawe van die Bybel In Afrikaans.

Inleiding

Jesus Christus het die Bergpredikasie aan die begin van Sy bediening gelewer. Nadat Hy twaalf van Sy dissipels gekies het om getuies te wees van al die woorde wat Hy gespreek het, het Jesus hulle die basiese geestelike beginsels wat in Mattheus 5-7 en Lukas 6 opgeteken is, geleer. Hierdie leerstellings, nou bekend as die Bergpredikasie, was die beginwoorde van die Nuwe Verbond. Anders as die Ou Verbond, wat fisiese seëninge van gesondheid en voorspoed ingehou het, het die Nuwe Verbond die weg na die geestelike seëning van ewige lewe met ewigdurende krag en heerlikheid, geopen. Daar is regdeur die Bybel `n kontras tussen die fisiese en die geestelike. Die woorde van die apostel Paulus toon dat die fisiese eerste kom, daarna die geestelike (I Kor. 15:45- 47). Adam, die eerste mens op aarde, het van die aarde gekom en was fisies, (aards). Die tweede Adam, Jesus Christus, het van die hemel gekom en is geestelik, (hemels). Netso was die Ou Verbond, wat fisies was, ingestel voor die Nuwe Verbond, wat geestelik is. Op Pinksterdag, (Bybelse Fees van Weke – sien o.a. Lev. 23:15 e.v.), het God die Ou Verbond met die kinders van Israel ingestel deur die Tien Gebooie vanaf die spits van die Sinaï-berg af te kondig. Hierdie gebeurtenis was so skrikwekkend vir die volk dat hulle by Moses gepleit het dat God nie langer met hulle sou praat nie: "En toe die hele volk die donderslae en die blitse en die geluid van die basuin en die rokende berg bemerk, het die volk dit gesien en gebewe en op ‘n afstand bly staan. En hulle het vir Moses gesê: Spreek u met ons, dat ons kan luister; maar laat God nie met ons spreek nie, anders sterwe ons." (Ex. 20:18-19, AOV).

Omdat die kinders van Israel bang was om God te hoor praat, het Moses tussen God en hulle gestaan om al die woorde van God na die volk te bring. Moses het na die spits van die Sinaï-berg geklim om met God te ontmoet. Tydens hierdie ontmoeting het God aan Moses die insettinge, verordeninge en ander wette gegee wat hy aan die kinders van Israel moes oordra. As die tussenganger wat die wet aan die volk moes voorhou, is Moses as `n wetgewer geag alhoewel nie een van die wette of bevele hulle oorsprong by hom gehad het nie (Ex. 20 – 23).

Toe Moses terugkeer van sy ontmoeting met God het hy al die woorde van God aan die volk voorgelees. Die volk het eendragtig ingestem om alles wat God beveel het, te gehoorsaam. Hierna is die verbond met `n bloedoffer geratifiseer: "Toe Moses kom en aan die volk al die woorde van die HERE en al die verordeninge vertel, antwoord die hele volk met een stem en sê: Al die woorde wat die HERE gespreek het, sal ons doen. En Moses het al die woorde van die HERE opgeskrywe en die môre vroeg hom klaargemaak en onder die berg ‘n altaar gebou, en twaalf gedenkstene volgens die twaalf stamme van Israel. En hy het jongmanne van die kinders van Israel gestuur; dié het brandoffers geoffer en as dankoffers bulle vir die HERE geslag. En Moses het die helfte van die bloed geneem en dit in komme gegooi en die helfte van die bloed teen die altaar uitgegooi. En hy het die boek van die verbond geneem en dit voor die ore van die volk gelees. En hulle het gesê: Alles wat die HERE gespreek het, sal ons doen en daarna luister. Toe neem Moses die bloed en gooi dit uit op die volk en sê: Dit is die bloed van die verbond wat die HERE met julle gesluit het op grond van al hierdie woorde" (Ex. 24:3-8, AOV).

Die verbond wat God by die Sinaï-berg met die kinders van Israel gesluit het, het seëninge en vloeke bevat. God het beloof om die kinders van Israel te seën as hulle Sy bevele en wette sou gehoorsaam; maar, as hulle ongehoorsaam sou wees, sou hulle vloeke maai as teenprestasie vir hulle sondes en oortredings. Op hierdie wyse het God die Ou Verbond met die twaalf stamme van Israel gesluit: "Kyk, ek het jou vandag voorgehou die lewe en die geluk, en die dood en die ongeluk. Wat ek jou vandag beveel, is om die HERE jou God lief te hê, in sy weë te wandel en sy gebooie en sy insettinge en sy verordeninge te hou, sodat jy kan lewe en vermenigvuldig en die HERE jou God jou mag seën in die land waarheen jy gaan om dit in besit te neem. Maar as jou hart hom afwend en jy nie luister nie en jy jou laat verlei, sodat jy jou voor ander gode neerbuig en hulle dien, dan verkondig ek julle vandag dat julle sekerlik sal omkom; julle sal die dae nie verleng in die land waarheen jy oor die Jordaan trek om dit in besit te gaan neem nie. Ek neem vandag die hemel en die aarde as getuies teen julle; die lewe en die dood, die seën en die vloek het ek jou voorgehou. Kies dan die lewe, dat jy kan lewe, jy en jou nageslag, deur die HERE jou God lief te hê, na sy stem te luister en Hom aan te hang; want dit is jou lewe en die lengte van jou dae, sodat jy kan woon in die land wat die HERE aan jou vaders Abraham, Isak en Jakob met ‘n eed beloof het om dit aan hulle te gee" (Deut. 30:15-20, AOV).

Moses se amp as bemiddelaar en wetgewer was `n fisiese tipe van die toekomstige geestelike Wetgewer, Jesus Christus. Toe die kinders van Israel op die punt gestaan het om die Beloofde Land binne te trek, het God aan Moses hierdie profesie aangaande die toekomstige Messias gegee: "Toe het die HERE vir my gesê: Dit is goed wat hulle gespreek het. ‘n Profeet sal Ek vir hulle verwek uit die midde van hulle broers, soos jy is, en Ek sal my woorde in sy mond lê, en Hy sal aan hulle sê alles wat Ek Hom beveel. En die man wat nie luister na my woorde wat Hy in my Naam spreek nie, van hom sal Ek self rekenskap afeis" (Deut. 18:17-19, AOV).

Jesus Christus die Geestelike Wetgewer

Hierdie profesie oor die toekomstige Messias openbaar ook dat elke persoon wat die woorde van Jesus Christus verwerp, deur God self aanspreeklik gehou sal word op die dag van oordeel. Jesus het tydens Sy bediening bevestig dat Hy die Profeet van Deuteronomium 18:18 is, en, dat Sy woorde die maatstaf is waarteen almal geoordeel sal word: "En as iemand na my woorde luister en nie glo nie, Ek oordeel hom nie; want Ek het nie gekom om die wêreld te oordeel nie, maar om die wêreld te red. Wie My verwerp en my woorde nie aanneem nie, het een wat hom oordeel: die woord wat Ek gespreek het, dit sal hom oordeel in die laaste dag. Want Ek het nie uit Myself gespreek nie; maar die Vader wat My gestuur het, Hy het My ‘n gebod gegee wat Ek moet sê en wat Ek moet spreek" (Joh. 12:47-49).

Die geestelike amp van Jesus Christus oorskadu uiteraard die fisiese amp van Moses by verre. Jesus Christus was God, geopenbaar in die vlees. Hy was die Here God van die Ou Testament Wie die Ou Verbond met die kinders van Israel gesluit het. Hy het na die aarde gekom om hulle van die vloeke wat die verbond hulle opgelê het vir hulle sondes te verlos en om die hele mensdom vry te koop van van die doodstraf vir hulle oortreding van God se heilige en regverdige wette (Rom. 7:14; 3:9-19). Sy dood het die Ou Verbond met die toepassing van die doodvonnis beeïndig en het die Nuwe Verbond ingestel awt die gawe van ewige lewe bied.

Anders as die Ou Verbond, wat gehoorsaamheid in die letter van die wet vereis het, is die Nuwe Verbond gegrond op gehoorsaamheid uit die hart – vervulling van die wette van God nie net in die letter nie maar ook in hulle volledige geestelike bedoeling. Vir hierdie rede het Jesus Christus as die geestelike Wetgewer gekom om die bevele en wette van God te versterk en te vergroot, soos geprofeteer deur Jesaja: "Dit het die HERE behaag ter wille van sy geregtigheid om die onderwysing groot en heerlik te maak" (Jes. 42:21).

As die geestelike Wetgewer het Jesus Christus die volle betekenis van die wette van God geopenbaar. Hy het `n opdrag van God die Vader ontvang om die evangelie te verkondig en die geestelike bedoeling van die bevele van God te verklaar ten einde die kennis van verlossing aan die wêreld te bring. Nadat Johannes die Doper in die gevangenis gesit is, het Jesus Sy bediening begin. Hy het die mense beveel om hulle van hulle sondes te bekeer en die evangelie te glo: "Die begin van die evangelie van Jesus Christus, die Seun van God…en gesê: Die tyd is vervul en die koninkryk van God het naby gekom; bekeer julle en glo die evangelie" (Mark. 1:1, 15).

Regdeur Sy bediening het Jesus bekering van sonde geleer, wat in die Nuwe Testament duidelik as die oortreding van God se wette omskryf word (I Joh. 3:4). God het die optekening van Jesus se woorde in die Evangelies asook die kanonisering daarvan saam met die ander boeke van die Nuwe Testament, deur die apostels, geïnspireer. Deur die eeue, vanaf die tyd van Jesus tot vandag toe, het God hierdie Geskrifte op goddelike wyse vir die wêreld bewaar.

Die vier Evangelies se weergawe van die lewe en bediening van Jesus Christus openbaar dat God gehoorsaamheid aan Sy bevele, nie net in die letter van die wet nie maar in die gees van die wet, vereis. En tog, ten spyte van Jesus se leringe wat die toepassing van die wette en bevele van God verbreed het, ("magnify" in Engels), is en word die meeste belydende Christene geleer dat Jesus Christus gekom het om die wette van God af te skaf. Jesus het hierdie opvatting uitdruklik verwerp in die Bergpredikasie: "Moenie dink dat Ek gekom het om die wet of die profete te ontbind nie. Ek het nie gekom om te ontbind nie, maar om te vervul. Want voorwaar Ek sê vir julle, voordat die hemel en die aarde verbygaan, sal nie een jota of een titteltjie van die wet ooit verbygaan totdat alles gebeur het nie" (Matt. 5:17-18).

Hoe Het Jesus Christus die Wet Vervul?

Toe Jesus Christus die wet vervul het, het Hy dit nie afgeskaf nie. Jesus se eie woorde in die Evangelie van Mattheus maak dit baie duidelik. Op watter wyses het Hy dan die wet vervul?

Ten einde te kan bemerk hoe Hy die wet vervul het, moet mens die betekenis van die woord "vervul" verstaan. Die Afrikaanse woord "vervul" is vertaal vanaf die Griekse werkwoord pleeroo, wat beteken: " ‘vol maak, heeltemal te vul, verwesenlik, bevredig’ ." In Matt. 5:17 beteken pleeroo, afhangende van hoe mens sou verkies om die konteks uit te lê, of vol maak, aanvul, maak dat dit oorvloedig aanwesig is, tot die rand vul = tot volle geestelike uitdrukking te bring, of, in elke opsig volledig maak, volmaak maak, tot `n einde bring, tot stand bring, volbring, verwesenlik = te voltooi. (Grieks – Nederlands Lexicon, Online Bible).

As die geestelike Wetgewer het Jesus die wet vervul deur dit tot sy volle betekenis te bring waardeur die die volle geestelike betekenis en motief blootgelê is. Hy het "die wet tot die rand gevul, oorvloedig gemaak" deur gehoorsaamheid in die gees van die wet te leer. Om die Wet van God te vervul deur die betekenis en toepassing daarvan voller te maak, groter te maak, te versterk, is die direk teenoorgestelde van die afskaffing daarvan.

As Jesus Christus gekom het om die wette van God af te skaf sou Hy hulle nie versterk en verbreed het, wat hulle nog meer bindend maak, nie. As die wette van God vandag nie meer bindend was nie, kon daar nie sonde wees nie, want, "sonde is wetteloosheid" (I Joh. 3:4 NLV), of soos dit in die 1611 King James vertaal is, "sin is the transgression of the law". Dit volg derhalwe logies dat, as daar nie sondaars is nie, daar geen noodsaak vir `n Verlosser is nie. Maar die hele Skrif, Ou en Nuwe Testament, getuig dat Jesus Christus gekom het om die mens van sonde te red. In plaas daarvan om die wet af te skaf of daarmee weg te doen, het Jesus gekom om die loon van ons sondes, die straf vir ons oortedings van God se wette, op Hom te neem en aan ons die weg na ewige lewe deur geestelike gehoorsaamheid, uit die hart uit, te wys. Dit is hoe Hy die wette en bevele van God groter gemaak het en hulle verheerlik het.

Die Geestelike Betekenis van die Bevele Geopenbaar in die Bergpredikasie

As die geestelike Wetgewer het Jesus Christus Sy dissipels die geestelike betekenis en toepassing van elkeen van God se wette en bevele geleer. Hy het die Sesde Gebod tydens Sy Bergpredikasie soos volg vergroot, ("magnify" in Engels): "Julle het gehoor dat aan die mense van die ou tyd gesê is: Jy mag nie doodslaan nie, maar elkeen wat doodslaan, moet verantwoording doen voor die gereg. Maar Ek sê vir julle dat elkeen wat vir sy broeder sonder rede kwaad is, verantwoording moet doen voor die gereg; en elkeen wat vir sy broeder sê: Raka! moet verantwoording doen voor die Groot Raad; en elkeen wat sê: Jou dwaas! moet verantwoording doen in die helse vuur [vuur van Gehenna]" (Matt. 5:21-22 AOV).

Jesus het dit duidelik gemaak dat moord sy ontstaan in die hart het en gewortel is in haat en woede. Dit is tog duidelik uit hierdie woorde van Jesus dat die geestelike, versterkte betekenis van die Sesde Gebod veel verder strek as net die letter van die wet wat slegs fisiese dade van geweld veroordeel. Onder die Nuwe Verbond is gehoorsaamheid nie langer net tot die letter van die wet en die daadwerklike pleging van die daad, byvoorbeeld moord, beperk nie. Volgens hierdie nuwe geestelike standaard vir gehoorsaamheid word selfs die gedagtes, in hierdie geval, moordgedagtes, as moord gereken! Hy gaan nog verder en brei hierdie geestelike bedoeling en standaard van die wet uit om selfs op mens se vyand van toepassing te wees: "Julle het gehoor dat daar gesê is: Jy moet jou naaste liefhê en jou vyand moet jy haat. Maar Ek sê vir julle [as die geestelike Wetgewer]: Julle moet jul vyande liefhê; seën die wat vir julle vervloek, doen goed aan die wat vir julle haat, en bid vir die wat julle beledig en julle vervolg; sodat julle kinders kan word van julle Vader wat in die hemele is; want Hy laat Sy son opgaan oor slegtes en goeies, en Hy laat reën op regverdiges en onregverdiges. Want as julle liefhet die wat vir julle liefhet, watter loon het julle? Doen die tollenaars nie ook dieselfde nie? En as julle net jul broeders groet, wat besonders doen julle dan? Doen die tollenaars nie ook so nie? Wees julle dan volmaak soos julle Vader in die hemele volmaak is" (Matt. 5:43-48 AOV).

Hy het self die geestelike toepassing hiervan geïlustreer toe Hy, besig om aan die kruis te sterf, vir Sy vyande gebid het. Lukas het Jesus se gebed vir ons opgeteken: "En Jesus sê: Vader, vergeef hulle, want hulle weet nie wat hulle doen nie. En hulle het sy klere verdeel en die lot daaroor gewerp" (Luk.23:24 AOV).

Jesus het tydens Sy Bergpredikasie ook die Sewende Gebod, "Jy mag nie owerspel pleeg nie", se geestelike betekenis en reikwydte uitgelê. Ook die toepassing van hierdie wet, soos Jesus dit onder die vergrootglas geplaas het, strek veel verder as die letter van die wet! Hy het geleer: "Julle het gehoor dat aan die mense van die ou tyd gesê is: Jy mag nie egbreek nie. Maar Ek sê vir julle [as die geestelike Wetgewer] dat elkeen wat na ‘n vrou kyk om haar te begeer, reeds in sy hart met haar egbreuk gepleeg het" (Matt. 5:27-28 AOV). Van die tydstip af waarop Jesus Christus die geestelike betekenis van hierdie gebod geleer het, word elke mens verantwoordelik gehou vir sy of haar gedagtes van owerspel, of die daad fisies verrig is of nie. `n Bestudering van die daaropvolgende leringe van Jesus in die Bergpredikasie, soos opgeteken in Mattheus 5 -7, toon dat Jesus die die volle geestelike betekenis van al God se wette en bevele openbaar.

Die Toepassing van die Gees van die Wet Maak Nie die Letter van Geen en Nuller Waarde Nie.

Meer as dertig jaar nadat Jesus die Bergpredikasie gelewer het, het die apostel Jakobus `n sendbrief geskryf waarin hy uitbrei oor die geestelike betekenis van die bevele van God. In hierdie sendbrief wys Jakobus duidelik uit dat Jesus se leringe aangaande die gees van die wet nie die noodsaak om die letter van die wet te gehoorsaam, uitskakel nie. Jakobus verduidelik dat Jesus se opdrag om "jou naaste lief te hê soos jouself" van ons vereis om in gehoorsaamheid aan die bevele van God te lewe. Jakobus verwys spesifiek na die Sesde en die Sewende Gebooie en maak dit baie duidelik dat die verbreking van enige van God se bevele sonde is: "As julle ewenwel die koninklike wet volbring volgens die Skrif: Jy moet jou naaste liefhê soos jouself—dan doen julle goed. Maar as julle partydig is, doen julle sonde en word deur die wet as oortreders bestraf. Want wie die hele wet onderhou, maar in een opsig struikel, het aan almal skuldig geword. Want Hy wat gesê het: Jy mag nie egbreek nie, het ook gesê: Jy mag nie doodslaan nie. As jy nou nie egbreek nie, maar doodslaan, het jy ‘n oortreder van die wet geword. Julle moet so spreek en so doen soos diegene wat deur die wet van vryheid geoordeel sal word" (Jak. 2:8-12 AOV).

Daar is geen twyfel dat die apostels die volle, geestelike betekenis van die wette en bevele van God, presies soos wat Jesus gedoen het, geleer het nie. Nêrens in die Bybel en op geen tydstip van hulle lewe het hulle geskryf of geleer dat Jesus Christus gekom het om die wette van God af te skaf nie. Jakobus het geskryf: "Want wie die hele wet onderhou, maar in een opsig struikel, het aan almal skuldig geword." Daar is absoluut niks in die apostel Jakobus se stelling wat enigsins laat blyk dat die wette van God afgeskaf is toe Jesus Christus aan die kruis gesterf het nie. Deur hierdie woorde baie jare na die dood en opstanding van Christus te skrywe, bevestig Jakobus dat Jesus nie "weggedoen" het met die wette van God nie. Inteendeel, Jakobus maak dit uitdruklik duidelik dat dit van Christene vereis word om die bevele van God te gehoorsaam.

Die apostel Johannes, wat die ander apostels almal oorleef het, het insgelyks oor die onderhouding van God se wette geskryf. Johannes het sy weergawe van die Evangelie en sy drie sendbriewe gedurende die laaste dekade van die eerste eeu geskrywe. Hy het in sy eerste brief met groot nadruk geskryf dat gehoorsaamheid aan die bevele van God die maatstaf is wat die ware volgelinge van Jesus Christus onderskei van diegene wat bloot Sy naam bely: "En hieraan weet ons dat ons Hom ken: as ons sy gebooie bewaar. Hy wat sê: Ek ken Hom, en sy gebooie nie bewaar nie, is ‘n leuenaar en in hom is die waarheid nie. Maar elkeen wat sy woord bewaar, in hom het die liefde van God waarlik volmaak geword [besig om volmaak gemaak te word – verkeerdelik in die voltooide tyd vertaal]. Hieraan weet ons dat ons in Hom is. Hy wat sê dat hy in Hom bly, behoort self ook te wandel soos Hy gewandel het" (I Joh. 2:3-6 AOV).

Johannes maak dit baie duidelik dat diegene wat waarlik in Jesus Christus glo, soos Jesus sal wandel, dit is, lewe. Hulle sal God se gebooie onderhou soos wat Jesus gedoen het en ander geleer het om dit te doen (Joh. 15:10; Matt. 19:17-19). Volgens die Nuwe Testament is enigiemand wat voorgee om `n Christen te wees maar nie die gebooie van God onderhou nie, `n leuenaar. Vir `n dienaar of leraar van God om te verkondig dat die wette en bevele van God afgeskaf is, is `n blatante ontkenning van die ware leringe van Christus en Sy apostels soos bewaar in die Nuwe Testament. Ware Christene moet op hulle hoede wees vir sulke "werkers van ongeregtigheid", wat teen die wette van God predik en gebodsonderhouding veroordeel.

Soos wat die apostel Johannes duidelik wys, staan diegene wat God se gebooie onderhou nie veroordeeld nie maar kan God met vrymoedigheid nader, wetende dat God hulle gebede sal verhoor: "Geliefdes, as ons hart ons nie veroordeel nie, dan het ons vrymoedigheid teenoor God; en wat ons ook al bid, ontvang ons van Hom, omdat ons sy gebooie bewaar en doen wat welgevallig is voor Hom." (I Joh. 3:21-22 AOV).

Die Nuwe Testament ondersteun nie die wydverkondigde en –aanvaarde lering dat gebodsonderhouding in stryd met geloof is nie. Johannes se woorde wys veeleerder dat gebodsonderhouding `n teken van ware geloof is en die liefde wat God verleen deur die inwoning van die Heilige Gees: "En dit is sy gebod, dat ons in die Naam van sy Seun, Jesus Christus, moet glo en mekaar liefhê [die volbrenging van die koninklike wet deur God se gebooie te onderhou] soos Hy ons ‘n gebod gegee het. En hy wat sy gebooie bewaar, bly in Hom, en Hy in hom. En hieraan weet ons dat Hy in ons bly; aan die Gees wat Hy ons gegee het"[Dit is die inwoning van die Heilige Gees in die ware gelowige wat daardie persoon lei tot gewillige gehoorsaamheid] (I Joh. 3:23-24 AOV).

Hoofstroom Christendom ignoreer net eenvoudig hierdie God-geademde Nuwe Testament skrifgedeeltes en leer dat liefde vir God en vir mekaar die nodigheid om God se wette te onderhou, uitsluit. Johannes lê egter hierdie dwaling bloot deur daarop te wys dat gehoorsaamheid aan God se bevele die einste maatstaf is waarvolgens liefde vir God en Sy kinders gemeet word: "Hieraan [hierdie is die maatstaf] weet ons dat ons die kinders van God liefhet: wanneer ons God liefhet en Sy gebooie bewaar. Want dit is die liefde tot God, dat ons Sy gebooie bewaar; en Sy gebooie is nie swaar nie." (I Joh. 5:2-3 AOV).

Die skriftuurlike waarheid is dit: As ons Jesus Christus en God die Vader liefhet, sal ons gemotiveerd wees om die gebooie van God te onderhou. Ons sal begeer om Sy bevele in die gees van die wet, as `n uitwaartse manifestasie van ons liefde vir Hom, te gehoorsaam. Diegene wat voorgee dat hulle God liefhet maar weier om Sy gebooie te onderhou, verstaan nie die liefde van God nie. Hulle word deur hulle eie menslike emosies gelei en nie deur die liefde wat God aan Sy kinders deur die inwoning van die Heilige Gees verleen nie. Gevoelens kan gebodsonderhouding nie vervang nie. Diegene wat daarop aanspraak maak dat hulle God liefhet maar wetteloosheid beoefen, mislei hulself.

Jesus Christus het diegene wat Hom liefhet spesifiek van instruksies voorsien: "As julle My liefhet, bewaar My gebooie…Wie my gebooie het en dié bewaar, dit is hy wat My liefhet; en wie My liefhet, hóm sal my Vader liefhê, en Ek sal hom liefhê en My aan hom openbaar. Judas, nie die Iskáriot nie, sê vir Hom: Here, hoe is dit dat U aan ons U sal openbaar en nie aan die wêreld nie? Jesus antwoord en sê vir hom: As iemand My liefhet, sal hy my woord bewaar, en my Vader sal hom liefhê, en Ons sal na hom toe kom en by hom woning maak. Hy wat My nie liefhet nie, bewaar my woorde nie; en die woord wat julle hoor, is nie myne nie, maar is van die Vader wat My gestuur het." (Joh. 14:15, 21-24 AOV).

Jesus het geen ruimte vir twyfel of waninterpretasie gelaat nie. As jy Hom liefhet sal jy Sy gebooie onderhou [En Sy gebooie is die gebooie van God die Vader – daar is nie twee afsonderlike stelle wette en bevele nie, die een stel vanaf God die Vader en die ander stel Jesus s`n nie]. As jy Sy woorde nie onderhou nie, het jy Hom nie lief nie. Tensy jy Sy gebooie onderhou is die blote belydenis van geloof en liefde vir Jesus Christus van nul en gener waarde.

Jesus Christus het die volmaakte voorbeeld van ware goddelike liefde gestel deurdat Hy al die bevele van God in of na die volle gees van die wet, onderhou het. Voor Sy dood het Hy `n nuwe opdrag aan Sy dissipels gegee – dat hulle Sy voorbeeld moes volg deur dieselfde liefde te beoefen as wat Hy geopenbaar het tydens Sy lewe saam met hulle op aarde: "‘n Nuwe gebod gee Ek julle, dat julle mekaar moet liefhê; soos Ek julle liefgehad het, moet julle ook mekaar liefhê. Hieraan sal almal weet dat julle my dissipels is, as julle liefde onder mekaar het…Soos die Vader My liefgehad het, het Ek julle ook liefgehad. Bly in hierdie liefde van My. As julle my gebooie bewaar, sal julle in my liefde bly, net soos Ek die gebooie van my Vader bewaar en in Sy liefde bly. Dit het Ek vir julle gesê, dat my blydskap in julle kan bly en julle blydskap volkome kan word. Dit is my gebod, dat julle mekaar moet liefhê net soos Ek julle liefgehad het." (Joh. 13:34-35; 15:9-12 AOV).

Jesus Christus het Sy volgelinge geleer om al die bevele van God uit te voer in of na die volle gees van die wet, net soos Hyself dit gedoen het. Jesus het die wette van God versterk en vergroot deur die volle geestelike betekenis en motief daarvan te openbaar. Jesus Christus, as geestelike Wetgewer, het die wette en bevele van God baie meer bindend gemaak deur `n hoër, geestelike maatstaf of standaard van gehoorsaamheid vir Christene onder die Nuwe Verbond daar te stel.

Jesus Het die Fisiese Rituele van die Wet tot Vervulling gebring

Die tweede betekenis van die Griekse woord  pleeroo, wat as "om te vervul" in Mattheus 5:17 vertaal is, is "om te volbring, te verwesenlik", met ander woorde, "te voltooi". Jesus het ook gekom om die diere-offerandes en ander tempelrituele en -wette wat vir die Aaronietiese priesterskap voorgeskryf was, tot voltooiing te bring. Deur Sy dood het Hy die Ou Verbond beeïndig wat die fisiese vereistes van hierdie rituele- en tempelwette ingestel en afgedwing het. In die plek daarvan het Hy die Nuwe Verbond ingestel wat die ou, fisiese, vereistes van die wet met `n hoër geestelike toepassing vervang het.

Die wette met betrekking tot die diere-offerandes is voltooi of volbring deur die superieure offerande van Jesus Christus self. Die offerande van Homself as die Lam van God, "wat die sonde van die wêreld wegneem", het al die diere-offerandes en ander fisiese rituele en seremonies wat by die tempel van God in Jerusalem uitgevoer is, te bowe gegaan en vervang.

Die apostel Paulus bevestig die voltooiing van die diere-offerandes en tempelrituele deur die een volmaakte offerande van Jesus Christus: "Daarom sê Hy, as Hy in die wêreld inkom: Slagoffer en spysoffer wou U nie hê nie, maar U het vir My `n liggaam berei. Brandoffers en sondoffers het U nie behaag nie. Toe het Ek gesê: Kyk, Ek kom—in die boekrol is dit van My geskrywe—om u wil te doen, o God. Nadat Hy hierbo gespreek het: Slagoffer en spysoffer en brandoffers en sondoffers wou U nie hê en het U nie behaag nie—wat volgens die wet geoffer word— het Hy daarna gesê: Kyk, Ek kom om u wil te doen, o God. Hy neem die eerste [verbond] weg om die tweede [verbond] te stel. Deur hierdie wil is ons geheilig deur die offer van die liggaam van Jesus Christus, net een maal. En elke [hoë]priester [van die orde van Aaron] staan wel dag vir dag om die diens waar te neem en dikwels dieselfde slagoffers te bring wat tog nooit die sondes kan wegneem nie; maar Hy het, nadat Hy een slagoffer vir die sondes gebring het, vir altyd gaan sit aan die regterhand van God." (Heb. 10:5-12 AOV).

Die geestelike hoëpriesterskap van Jesus Christus het begin dadelik nadat Hy na die hemel opgevaar en aan die regterhand van God die Vader gaan sit het. Alhoewel Sy dood die noodsaaklikheid van diere-offerandes en tempelrituele wat onder die Ou Verbond vereis was voltooi het, het die Aaronietiese priesterskap voortgegaan om hierdie funksies te verrig totdat die tempel in Jerusalem in 70 nC vernietig is. Met die vernietiging van die tempel in 70 nC het die priesterskap van Aaron en die Leviete tot `n einde gekom. Daar was geen nodigheid vir `n priesterskap op aarde nie want Jesus Christus dien as Hoëpriester in die hemel waar Hy vir sonde bemiddel voor God die Vader. Die geestelike priesterskap van Jesus Christus het die priesterskap van Aaron te bowe gegaan en in die plek daarvan gekom. Die Nuwe Verbond het `n groter Hoëpriester – die opgestane Jesus Christus – om vir die mense van God te bemiddel en vir hulle sondes versoening voor God die Vader te bewerkstellig.

Net so het die geestelike tempel in die hemel in die plek gekom van die fisiese tempel wat op aarde was. Onder die Nuwe Verbond het gelowiges direkte toegang, deur gebed, tot die troon van God die Vader. Jesus Christus sit aan die regterhand van God die Vader vanwaar Hy Sy geestelike werk as Hoëpriester verrig: "want nadat Hy tevore gesê het: Dit is die verbond wat Ek met hulle sal sluit ná dié dae, spreek die Here verder: Ek sal my wette gee in hulle hart, en in hulle verstand sal Ek dit inskrywe [definitief teenoorgesteld van afskaffing], en aan hulle sondes en hulle ongeregtighede sal Ek nooit meer dink nie. Waar daar nou vergifnis van hierdie dinge is, is daar geen offer meer vir die sonde nie. Terwyl ons dan, broeders, vrymoedigheid het om in die heiligdom in te gaan deur die bloed van Jesus op die nuwe en lewende weg wat Hy vir ons ingewy het deur die voorhangsel heen, dit is sy vlees, en ons ‘n groot Priester oor die huis van God het, laat ons toetree met ‘n waaragtige hart in volle geloofsversekerdheid, die harte deur besprenkeling gereinig van ‘n slegte gewete en die liggaam gewas met rein water." (Heb. 10:16-22 AOV).

Ware aanbidders van God het nie `n priesterskap nodig om in `n aardse tempel namens hulle by God in te tree nie want hulle het direkte toegang tot die troon van God die Vader in Sy hemelse tempel waar Jesus Christus intree as Hoëpriester. Soos die apostel Paulus daarop wys, bou God nou `n geestelike tempel binne-in vleeslike mense deur die inwoning van Sy Gees: "Weet julle nie dat julle ‘n tempel van God is en die Gees van God in julle woon nie? As iemand die tempel van God skend, sal God hom skend; want die tempel van God is heilig, en dit is julle." (I Kor. 3:16-17 AOV).

Jesaja het oor die geestelike tempel wat God besig is om te bou, geprofeteer: "Want so sê die Hoë en Verhewene wat in die ewigheid woon, Heilig is sy Naam: Ek woon in die hoogte en in die heilige plek en by die verbryselde en nederige van gees, om te laat herlewe die gees van die nederiges en te laat herlewe die hart van die verbryseldes." (Jes. 57:15 AOV).

Verdermeer word elkeen wat die Heilige Gees in sy of haar verstand as `n verwekking vanaf God die Vader ontvang, `n deel van die tempel van God.Hierdie geestelike tempel is saamgestel uit alle ware gelowiges, beide Jode en Heidene: "want deur Hom het ons albei die toegang deur een Gees tot die Vader. So is julle dan nie meer vreemdelinge en bywoners nie, maar medeburgers van die heiliges en huisgenote van God, gebou op die fondament van die apostels en profete, terwyl Jesus Christus self die hoeksteen is, in wie die hele gebou, goed saamgevoeg, verrys tot ‘n heilige tempel in die Here, in wie julle ook saam opgebou word tot ‘n woning van God in die Gees." (Efs. 2:18-22 AOV).

Die nodigheid vir die aardse tempel in Jerusalem is vervul en tot voltooiing gebring deur die offerande van Jesus Christus wat die Ou Verbond en die noodsaak van `n fisiese priesterskap beeïndig. Onder die Nuwe Verbond het die geestelike tempel van God in die hemel en waar Jesus Christus die Hoëpriester is, die fisiese tempel van God op aarde, vervang. Deur die bemiddeling van Jesus Christus word elke ware gelowige `n tempel vir God se Heilige Gees en die gesamentlike liggaam van gelowiges word opgebou as `n heilige tempel in die Here.

Jesus Het die Besnydenis van die Vlees Vervul

Toe Jesus die Ou Verbond tot `n einde gebring het, is die vereiste vir besnyding van die vlees vervang deur geestelike besnyding van die hart. Die apostel Paulus maak dit baie duidelik: "Want nie hy is ‘n Jood wat dit in die openbaar is nie, en nie dít is besnydenis wat dit in die openbaar in die vlees is nie; maar hy is ‘n Jood wat dit in die verborgene is, en besnydenis is dié van die hart, in die gees, nie na die letter nie. Sy lof is nie uit mense nie, maar uit God." (Rom. 2:28-29 AOV).

God vereis nie onder die Nuwe Verbond fisiese besnyding nie. Die geestelike besnyding van die hart het trouens die besnyding van die vlees vervang. Geestelike besnyding het bekering van die verstand en die hart tot gevolg, iets wat die fisiese besnyding van die vlees nooit kon of kan bewerkstellig nie. Om aan die hart besny te word moet `n mens hom of haar van sy of haar sondes bekeer en gedoop word deur volle onderdompeling in water. Die handeling van die doop is `n tipe besnyding aangesien die sondes van die vlees daardeur verwyder word. Hierna, deur die oplegging van hande, ontvang die gelowige die Heilige Gees wat die hart en verstand van daardie persoon bekeer. Die apostel Paulus beskryf hierdie geestelike besnyding wat plaasvind met doop, soos volg: "Want in Hom woon al die volheid van die Godheid liggaamlik; en julle het die volheid in Hom wat die Hoof is van alle owerheid en mag; in wie julle ook besny is met ‘n besnydenis wat nie met hande verrig word nie, deur die liggaam van die sondige vlees af te lê in die besnydenis van Christus, omdat julle saam met Hom begrawe is in die doop, waarin julle ook saam opgewek is deur die geloof in die werking van God wat Hom uit die dode opgewek het. En julle, wat dood was deur die misdade en die onbesnedenheid van julle vlees, het Hy saam met Hom lewend gemaak deurdat Hy julle al die misdade vergeef het," (Kol. 2:9-13 AOV). Paulus het baie duidelik verstaan dat dit nie vir die Heidense gelowiges nodig was om aan die vlees besny te word nie aangesien hulle die geestelike besnyding deur geloof in Jesus Christus ontvang het.

  • Die geestelike besnyding van die hart het die fisiese besnyding van die vlees vervang.

  • Op soortgelyke wyse is al die diere-offerandes wat vereis was vir sonde, vir eens en vir altyd deur Jesus Christus se offerande vervang.

  • Die fisiese priesterskap van Aaron is vervang deur die geestelike Hoëpriesterskap van Jesus Christus.

  • Die hemelse tempel van God het in die plek gekom van die aardse tempel wat net `n afbeelding was van die hemelse.

Toe Jesus die fisiese rituele van die Ou Verbond tot `n einde gebring het, het Hy nie die wet tot `n einde gebring nie, trouens, die fisiese vooraf-tipes van die Ou Verbond is vervang deur die geestelike vervulling wat kom uit en saam met die Nuwe Verbond.

Ander Wette Wat na die Nuwe Verbond Oorgedra is.

Onder die Ou Verbond het God aan die priesters en Leviete wat by die altaar gedien het, gesag verleen om van die kinders van Israel tiendes en offergawes te ontvang. Onder die Nuwe Verbond is daar geen priesterskap deur mense nie maar slegs een Hoëpriester, Jesus Christus, Wie "priester vir ewig volgens die orde van Melgisedek" is. Die apostel Paulus verduidelik dat Melgisedek, in die tyd van Abraham, Priester van God te Jerusalem was, lank voor die instel van die Ou Verbond met Israel. Beskrywende hoe Abraham tiendes aan Melgisedek betaal het, openbaar Paulus dat Melgisedek die Een was Wie later aarde toe sou kom as Jesus Christus: "Nou het hulle wat uit die seuns van Levi die priesterskap ontvang, wel ‘n gebod om, volgens die wet, van die volk tiendes te neem, dit is van hulle broers, ofskoon hulle uit die lendene van Abraham voortgekom het; maar Hy [Jesus Christus, Wie Melgisedek van die Ou Testament was] wat nie uit húlle sy geslagsregister aflei nie, het van Abraham tiendes geneem en die besitter van die beloftes geseën. Nou word sonder enige teëspraak die mindere deur die meerdere geseën. En hier neem wel sterflike mense tiendes, maar dáár een van wie getuig word dat hy lewe. En, om so te sê, het ook Levi wat tiendes ontvang, deur Abraham tiendes gegee; want hy was nog in die lendene van sy vader toe Melgisédek hom tegemoetgegaan het. As daar dan volkomenheid deur die Levitiese priesterskap was—want met die oog daarop het die volk die wet ontvang—waarom was dit nog nodig dat ‘n ander priester moes opstaan volgens die orde van Melgisédek en dat hy dit nie volgens die orde van Aäron genoem word nie? Want met verandering van die priesterskap kom daar noodsaaklik ook verandering van wet; omdat Hy met die oog op wie hierdie dinge gesê word, aan ‘n ander stam behoort het waaruit niemand die altaar bedien het nie." (Heb. 7:5-13 AOV).

Soos Paulus uitwys, is die hele Levitiese priesterskap deur die een onsterflike Hoëpriester, Jesus Christus, vervang, Wie volgens die orde van Melgisedek is. Daar is nie langer meer `n priesterskap wat by die altaar in die tempel van God te Jerusalem, hier op die aarde, diens doen nie. Nogtans is daar steeds `n noodsaak om die ware aanbidding van God te leer en om die Woord van God te verkondig en te publiseer as `n getuienis vir die wêreld. Diegene wat hulle bekeer en die Evangelie glo, moet die weg van die ewige lewe, wat Jesus Christus aan Sy dissipels toevertrou het, geleer word. Dit is hiervoor dat Jesus hulle as apostels vir die wêreld uitgestuur het, vir hierdie rede dat Hy Sy Kerk opgerig het. Binne Sy Kerk het Hy die bediening voorsien wat die Woord van God aan ander kan leer en om die Evangelie aan die wêreld kan verkondig. Hy het verder `n manier voorsien om die werk van die verkondiging van die Evangelie en die onderrig van die broeders van Jesus Christus, te ondersteun. In plaas daarvan dat die priesters en die Leviete by die tempel die tiendes en offergawes ontvang, is die magtiging om tiendes en offergawes te ontvang oorgedra na die bediening van Jesus Christus op bevel van die Here. Die apostel Paulus maak dit baie duidelik: "Weet julle nie dat die wat met die heilige dinge werk, uit die heiligdom eet nie; en dat die wat by die altaar besig is, met die altaar deel nie? So het die Here ook vir die wat die evangelie verkondig, bepaal dat hulle van die evangelie moet lewe." (I Kor. 9:13-14 AOV).

Die bevel wat God onder die Ou Verbond aan die kinders van Israel gegee het met betrekking tot die gee van tiendes en offergawes aan die priesters en Leviete, is deur Jesus Christus tot voltooiing gebring. In plaas daarvan om die wette aangaande tiendes en offergawes af te skaf, het Jesus Christus die magtiging om tiendes en offergawes te ontvang, oorgedra aan die bedienaars van die Evangelie, wie onder Sy gesag as die Hoëpriester en Middelaar van die Nuwe Verbond staan.

Hoe Het Jesus Christus die Profete Vervul?

Jesus het ook gesê dat Hy gekom het om die profete te vervul. Hoe het Jesus die profete vervul? Tydens Sy lewe in die vlees is al die Ou Testament profesieë wat betrekking het op Sy eerste koms, vervul. Hierdie profesieë het Sy wonderbaarlike verwekking in en geboorte uit die maagd, Maria, die vlugtog na Egipte om van Herodus af weg te kom, die terugkeer na Galilea en verblyf te Nasaret, die aankondiging deur Johannes die Doper van Sy bediening, die genesings en kragtige werke gedurende Sy bediening, die verkondiging van die Evangelie regdeur die land, Sy vervolging en daaropvolgende lyding, Sy dood deur kruisiging, die plek van Sy graf, en die tydstip van Sy opstanding, ingesluit. Die meeste van die profesieë wat vervul is het betrekking op Sy lyding en dood op die Pasga-dag. (Sien die boek deur Fred R. Coulter, A Harmony of the Gospels in Modern English: The Life of Jesus Christ, lees die afdeling getiteld "Twenty-eight Prophecies Fulfilled on the Crucifixion Day").

Alhoewel byna tweeduisend jaar reeds sedert hierdie profesieë vervul is, moetal die profesieë wat op Sy tweede koms betrekking het, nog vervul word. Daar is `n baie groot aantal profesieë in beide die Ou en Nuwe Testament, wat vervulling afwag. Elke profesie in die Woord van God sal op sy vasgestelde tyd, soos bepaal deur God die Vader, vervul word (Hnd. 1:7). Jesus Christus het nie `n enkele profesie of enkele woord uit die Ou Testament afgeskaf of tersyde gestel nie. Jesus het wat die Skrif betref gesê: "Want voorwaar Ek sê vir julle, voordat die hemel en die aarde verbygaan, sal nie een jota of een titteltjie van die wet ooit verbygaan totdat alles gebeur het nie" (Matt. 5:18 AOV).

Jesus het `n absolute waarborg verskaf dat al die profesieë van die Skrif op hulle tyd vervul sal word: "En leer van die vyeboom hierdie gelykenis: Wanneer sy tak al sag word en sy blare uitbot, weet julle dat die somer naby is. So weet julle ook, wanneer julle ál hierdie dinge [die dinge wat geprofeteer is om in die eindtyd te gebeur] sien, dat dit [die wederkoms] naby is, voor die deur. Voorwaar Ek sê vir julle, hierdie [eindtyd] geslag sal sekerlik nie verbygaan voordat al hierdie dinge gebeur het nie. Die hemel en die aarde sal verbygaan, maar my woorde sal nooit verbygaan nie. Maar van dié dag en dié uur weet niemand nie, ook die engele van die hemele nie, maar net my Vader alleen" (Matt 24:32-36 AOV).

Volgens die woorde van Jesus Christus sal al die profesieë wat in die Skrif opgeteken is, vervul word op die tydstip waarop God dit verordineer het. Jesus het nie gekom om die woorde van die profete af te skaf nie maar om hulle vol te maak. Soos wat Hy in die vlees gekom het om die profesieë aangaande `n Verlosser te vervul, sal Hy in heerlikheid terugkeer om die profesieë aangaande die komende Koning Wie die heerskappy van God na die aarde bring, te vervul.

Die Bevele van God Moet Onder die Nuwe Verbond Geleer en Uitgevoer Word

Jesus het in die Bergpredikasie dit baie duidelik gemaak dat die gebooie van God van krag is onder die Nuwe Verbond: "Elkeen dus wat een van die minste van hierdie gebooie breek en die mense só leer, sal die minste genoem word in die koninkryk van die hemele; maar elkeen wat dit doen en leer, hy sal groot genoem word in die koninkryk van die hemele" (Matt. 5:19 AOV).

Watter gebooie van God word vandag deur hoofstroom Christendom verwerp en as die minste geag? Die twee gebooie wat as die minste geag word is die Vierde en die Tweede Gebod. Hoe eienaardig dit ookal mag klink, sal baie van diegene wat hierdie gebooie verwerp nogtans voorgee dat hulle die ander gebooie onderhou en ook daarop aanspraak maak dat hulle die wil van God doen. Maar soos wat die apostel Jakobus daarop wys, is die verbreking van een van hierdie gebooie sonde en behels dieselfde oordeel as die verbreking van almal.

Laat ons die twee gebooie wat deur hoofstroom Christendom as die minste geag word, bestudeer, beginnende met die Vierde Gebod: "Gedenk die sabbatdag, dat jy dit heilig. Ses dae moet jy arbei en al jou werk doen; maar die sewende dag is die sabbat van die HERE jou God; dan mag jy géén werk doen nie—jy of jou seun of jou dogter, of jou dienskneg of jou diensmaagd, of jou vee of jou vreemdeling wat in jou poorte is nie. Want in ses dae het die HERE die hemel en die aarde gemaak, die see en alles wat daarin is, en op die sewende dag het Hy gerus. Daarom het die HERE die sabbatdag geseën en dit geheilig" (Eks. 20:8-11 AOV).

Mens vind nêrens in die Bybel `n enkele skrifgedeelte wat sê dat die dag van rus en aanbidding van die sewende dag van die week na Sondag, die eerste dag van die week, verander is nie. En tog is daar verskeie skrifgedeeltes wat gereeld deur Sondagonderhouers gebruik word om hulle siening dat Christene op die eerste dag van die week moet aanbid, te ondersteun. As hierdie skrifgedeeltes egter op `n eerlike en objektiewe, (dit wil sê, korrekte), manier uitgelê en verstaan word, is dit baie duidelik dat Jesus Christus nie die Sabbat van die sewende dag van die week na die eerste dag van die week verander het nie.

Jesus het gesê, "Die Sabbat is gemaak vir die mens…" (Mark. 2:27 AOV). In stryd met die leringe van hoofstroom teoloë, het God nie Sabbatsonderhouding vir die Jode alleen, beveel nie. Toe God die Sabbatdag in die begin gemaak het, die sewende dag as die weeklikse dag van aanbidding geheilig het, was daar nie `n enkele Jood op aarde nie. Op daardie tydstip was die enigste mense Adam en Eva, uit wie die ganse mensdom afstam. Dit was vir die hele mensdom dat God die sewende dag geseën en afgesonder het, dit daardeur geheilig het: "So is dan voltooi die hemel en die aarde met hulle ganse leërmag. En God het op die sewende dag sy werk voltooi wat Hy gemaak het, en op die sewende dag gerus van al sy werk wat Hy gemaak het. En God het die sewende dag geseën en dit geheilig, omdat Hy daarop gerus het van al sy werk wat God geskape het deur dit te maak." (Gen. 2:1-3 AOV).

Die sewende dag is met die skepping van die wêreld afgesonder, geheilig. God het hierdie dag van die begin af as `n dag van rus en aanbidding ingestel. Hy het dit afgesonder, geseën, en daarop gerus en die voorbeeld vir die mensdom gestel. Regdeur die eeue is die rekord van hierdie handeling van God in Genesis, een van die boeke van die Wet, vir die mensdom bewaar. Onthou wat Jesus aangaande die Wet gesê het: "Want voorwaar Ek sê vir julle, voordat die hemel en die aarde verbygaan, sal nie een jota of een titteltjie van die wet ooit verbygaan totdat alles gebeur het nie." (Matt. 5:18 AOV).

Aangesien God tyd geskep het en tyd gemeet word na aanleiding van die omwenteling van die aarde in verhouding tot die hemele, sal tyd bestaan solank as wat die hemele en die aarde bestaan. Solank as wat die hemele en die aarde bestaan, sal die sewende dag Sabbat nie verbygaan nie. Gevolglik is die Vierde Gebod steeds van krag en bly dit bindend op die ganse mensdom.

In stryd met wat hoofstroom Christendom mag leer of wat mense mag beoefen, was Sondag nog nooit die "dag van die Here" nie en sal dit nooit wees nie. Die sewende dag van die week, vandag Saterdag genoem, is die Here se Sabbatdag. Jesus Christus het nadruklik verklaar dat Hy die Here van die Sabbatdag is: "En Hy sê vir hulle: Die sabbat is gemaak vir die mens, nie die mens vir die sabbat nie. Daarom is die Seun van die mens Here ook van die sabbat." (Mark. 2:27-28 AOV). Jesus self het verklaar dat Hy die Here van die Sabbat is – die sewende dag van die week. Hierdie is die dag, die Sabbatdag, wat Hy afgesonder en geheilig het – nie Sondag nie. [Hoofstroom Christendom het die uitdrukking "dag van die Here" uitgedink en gebruik dit om na Sondag te verwys en op hierdie manier waardigheid of heiligheid aan Sondag te laat toekom. Dit is niks anders as menslike en daarom sondige selfregverdiging vir die verwerping van die Sabbatdag nie. Daar is nie een enkele skrifgedeelte in die ganse Bybel waar die uitdrukking "dag van die Here" gebruik word om na die Sabbatdag te verwys nie, wat nog te sê na die eerste dag van die week.]

Sommige misvat die verklaring van Jesus dat Hy die Here van die Sabbat is, as betekenende dat Hy die Sabbat afgeskaf het op grond van Sy gesag. Hierdie uitleg van Jesus se woorde is heeltemal ongegrond. Onder die geleerdes wat die ware betekenis van hierdie woorde verstaan, is die skrywers van The Anchor Bible Dictionary. Let op wat hulle oor hierdie belangrike skrifgedeelte skryf: " At times Jesus is interpreted to have abrogated or suspended the sab- bath commandment on the basis of the controversies brought about by sabbath healings and other acts. Careful analysis of the respective passages does not seem to give credence to this interpretation. The action of plucking the ears of grain on the sabbath by the disciples is par- ticularly important in this matter. Jesus makes a foundational pronouncement at that time in a chiastically structured statement of antithetic parallelism: ‘The sabbath was made for man and not man for the sabbath’ (Mark 2:27). The disciples’ act of plucking the grain infringed against the rabbinic halakhah of minute causistry in which it was forbidden to reap, thresh, winnow, and grind on the sabbath (Sabb. 7.2). Here again rabbinic sabbath halakhah is rejected, as in other sabbath conflicts. Jesus reforms the sabbath and restores its rightful place as designed in creation, where sabbath is made for all mankind and not specifically for Israel, as claimed by normative Judaism (cf. Jub. 2:19-20, see D.3). The subsequent logion, ‘The Son of Man is Lord even of the sabbath’ (Mark 2:28; Matt. 12:8; Luke 6:5), indicates that manmade sabbath halakhah does not rule the sabbath, but that the Son of Man as Lord determines the true meaning of the sabbath. The sabbath activities of Jesus are neither hurtful provocations nor mere protests against rabbinic legal restrictions, but are part of Jesus’ essential proclamation of the inbreaking of the kingdom of God in which man is taught the original meaning of the sabbath as the recurring weekly proleptic ‘day of the Lord’ in which God manifests his healing and saving rulership over man" (vol. 5, pp. 854-55).

Soos wat hierdie geleerdes wys, ondersteun die Evangelie nie die wydverspreide opvatting dat Jesus die Sabbatdag afgeskaf het nie. Hy het trouens, as die Here van die Sabbat, die ware betekenis van die Sabbatdag geleer en `n voorbeeld vir die korrekte onderhouding daarvan, gestel.

Sy apostels het voortgegaan om die Sabbat te hou en om die vroeë gelowiges te leer om dit te hou, soos Paulus in sy brief aan die Hebreërs duidelik uitwys. Paulus het hierdie brief in ongeveer 61nC, meer as dertig jaar na die begin van die Nuwe Testament Kerk, geskryf. In hierdie brief maak hy dit baie duidelik dat die sewende-dag Sabbat nie afgeskaf is nie. Dit is in antwoord op vals leraars wat in daardie tyd loop en verkondig het dat Sondag, die eerste dag van die week, die Sabbat vervang het. Ten einde hierdie vals lering teen te staan het Paulus aan die broeders `n streng waarskuwing gerig dat dit sonde is om die Sabbat te verwerp en na te laat om te rus en te aanbid, net soos vir die kinders van Israel in die woestyn: "Want Hy het êrens van die sewende dag so gespreek: En God het op die sewende dag van al sy werke gerus; en nou hier weer: Hulle sal in my rus nie ingaan nie. Terwyl dit dan so is dat sommige daar ingaan, en diegene aan wie die evangelie eers verkondig is, deur ongehoorsaamheid nie ingegaan het nie, bepaal Hy weer ‘n sekere dag, naamlik vandag, as Hy soveel later deur Dawid spreek, soos gesê is: Vandag as julle sy stem hoor, verhard julle harte nie. Want as Josua aan hulle rus gegee het, sou Hy nie van ‘n ander dag daarná spreek nie. Daar bly dus ‘n sabbatsrus oor vir die volk van God" (Heb. 4:4-9 AOV). Paulus het nie geskryf, "daar bly dus `n sabbatsrus oor vir die Jode", nie. Hy sê baie duidelik, "vir die volk van God." Die volk van God sluit Jode asook nie-Jode, in (I Pet. 2:10 en Ef. 2:11-19 AOV).

Baie wat voorgee om bedienaars van die Woord van God te wees en baie sogenaamde teoloë, het `n eie betekenis aan Hebreërs 4:9 geheg. Terwyl daar in die Afrikaanse Ou Vertaling wel staan,"sabbatsrus", het die vertalers van die Afrikaanse "Nuwe Lewende Vertaling", sommer, in stryd met die oorspronklike Grieks, geskryf: "`n heel spesiale rus", wat dit ookal mag beteken! Die vertalers van die Engelse King James het weer, op hulle beurt, die woord "sabbat" weggelaat en slegs die woord "rus", "rest", gebruik. Hierdie teoloë leer dan ook dat dit nie meer van Christene vereis word om die Sabbat te hou nie aangesien Jesus hulle "rus" gegee het deur die "wet vir hulle te vervul" en hulle daardeur te bevry van gebodsonderhouding.

Hierdie redenasie is heeltemal vals. Jesus het nie die gebooie van God vervul om ons daarvan vry te stel nie maar om vir ons `n voorbeeld te stel (I Pet. 2:21-22, I Joh. 3:4).

As ons die Griekse teks verstaan is daar geen twyfel dat die Nuwe Testament die gesag van die Vierde Gebod, vir Christene vandag, handhaaf nie. Die Griekse woord wat in Hebreërs 4:9 gebruik word is  sabbatismos, wat beteken, "Sabbath rest, Sabbath observance" (Arndt and Gingrich, A Greek-English Lexicon of the New Testament). Hierdie definisie van die Griekse woord sabbatismos word deur ander geskiedkundige werke bevestig: "The words ‘sabbath rest’ translate the GK noun sabbatismos, a unique word in the NT. This term appears also in Plutarch (Superset. 3 [Moralia 166a]) for sabbath observance, and in four post-canonical Christian writings which are not dependent on Heb. 4:9" (The Anchor Bible Dictionary, vol. 5, p. 856).

Die Griekse woord  sabbatismos is `n naamwoord. Die werkwoordvorm daarvan is  sabbatizo wat, "om die Sabbat te hou", beteken. (Arndt and Gingrich, A Greek- English Lexicon of the New Testament). Hierdie betekenis daarvan word verder deur die gebruik daarvan in die Septuagint, ( `n Griekse vertaling van die Ou Testament wat uit die derde eeu voor Christus dateer. Dit word die Septuagint, wat "sewentig" beteken, genoem, want die eerste vyf boeke van Moses is deur sewentig Griekssprekende Jode van Alexandrië, Egipte, vertaal), bevestig. Die Septuagint is deur Jode in sinagoges regdeur die Romeinse Ryk gebruik en ook deur die Griekssprekende Joodse en Nie-Joodse bekeerlinge in die vroeë Nuwe Testament kerke.

Paulus haal uitgebreid daaruit aan in sy brief aan die Hebreërs. Wanneer Paulus die woord  sabbatismos in Hebreërs 4:9 gebruik, het hy dus geweet dat die betekenis van hierdie woord goed bekend was onder die Griekssprekende gelowiges van die tyd. Die werkwoordvorm  sabbatizo was in die Septuagint gebruik en die gelowiges van die Nuwe Testamentiese tyd was net so bekend daarmee as wat die Engelssprekende gelowige vandag met die King James is.

Die Greek English Lexicon of the Septuagint definieer  sabbatizo as "to keep sabbath, to rest" (Lust, Eynikel, Hauspie). Die gebruik van die werkwoord sabbatizo in Levitikus 23:32 in die Septuagint, laat geen ruimte vir twyfel met betrekking tot die betekenis daarvan nie. Hier is die Engelse vertaling van hierdie vers in die Septuagint: "It [the Day of Atonement] shall be a holy sabbath [literally, "a Sabbath of Sabbaths"] to you; and ye shall humble your souls, from the ninth day of the month: from evening to evening shall ye keep your sabbaths" (The Septuagint With the Apocrypha, Brenton).

Die frase, "shall ye keep your sabbaths" is vertaal vanaf die Griekse woorde     sabbatieite ta sabbata wat letterlik "Jy sal die Sabbatte sabbatiseer." Die Griekse werkwoord  sabbatieite wat "jy sal hou", beteken is in die tweede persoon meervoudsvorm van die werkwoord  sabbatizo. Aangesien die werkwoord sabbatizo "om die Sabbat te hou", beteken, vind hierdie werkwoord nie net op die weeklikse Sabbat en jaarlikse Sabbatte van God toepassing nie maar ook op God se opdrag met betrekking tot die sewende jaar rus van die grond van landboubedrywighede.

Regdeur die Septuagint word die werkwoord  sabbatizo slegs in verband met Sabbatsonderhouding en Sabbatsrus gebruik. In ooreenstemming hiermee het die vertalers van die Ou Afrikaanse Vertaling, (1933 asook die hersiene 1953-vertalings), hierdie frase in Lev. 23:32,  sabbatieite as "moet julle jul sabbat hou", vertaal. Daar bestaan geen twyfel nie dat hierdie vorm van die Griekse werkwoord sabbatizo spesifiek na Sabbatsonderhouding verwys. Hierdie betekenis vind insgelyks toepassing op die naamwoordvorm  sabbatismos wat ons in Paulus se brief aan die Hebreërs aantref.

Die feit dat Paulus die Septuagint-vertaling van die Ou Testament in hierdie sendbrief gebruik, bevestig dat die betekenis van die woord  sabbatismos in Hebreërs 4:9 heeltemal in ooreenstemming met die betekenis van sabbatieite in Levitikus 23:32 is. Dit is derhalwe duidelik dat Paulus die onderhouding van die Sabbat, die sewende dag van die week, handhaaf.

Dus, selfs die gebruik van die Griekse woord sabbatismos in Hebreërs 4:9, staan in stryd met die lering dat die Vierde Gebod afgeskaf is. Uit die konteks van hierdie skrifgedeelte blyk dit dus duidelik dat die onderhouding van die sewende dag, die Sabbat, as `n dag van rus en aanbidding, vandag netso bindend vir die volk van God, [ware Christene], is as wat dit vir Israel van ouds was.

Bykomstig tot die weeklikse Sabbat is die jaarlikse heilige dae wat God verordineer het (Lev. 23), en ook sabbatte genoem word, ook ingesluit by die Vierde Gebod. Net soos wat ware gelowiges beveel word om die sewende-dag Sabbat te onderhou, word hulle ook beveel om die jaarlikse heilige dae van God te onderhou. Die vroeë Nuwe Testament kerke het die heilige dae van God, soos bereken ooreenkomstig die Berekende Hebreeuse Kalender, gehou. Die apostel Paulus het die heilige dae gehou en die bekeerlinge uit die heidene geleer om hulle te onderhou (I Kor. 5:7-8).

Nie een van die apostels van Jesus Christus of die vroeë bekeerlinge tot Christendom het die heidense vakansiedae wat nou Kersfees en Paasfees genoem word, gevier nie. Hierdie vakansiedae, wat hulle oorsprong in sonaanbidding het, is later in Christendom, deur die invloed van die Roomse kerk, opgeneem. Hulle het vals plaasvervangers vir die jaarlikse heilige dae wat God beveel het geword, net soos Sondag `n vals plaasvervanger vir die weeklikse Sabbat geword het. (As die leser begerig is om meer omtrent die Sabbat en die jaarlikse heilige dae van God te wete te kom, besoek asseblief die webwerf, www.cbcg.org, en maak veral seker u lees ook die artikel "Rome’s Challenge to the Protestants").

Soos wat die Roomse kerk daarin geslaag het om die onderhouding van die Vierde Gebod te ondermyn, het dit daarin geslaag om die nakoming van die Tweede Gebod, wat die gebruik van beelde en afbeeldings in aanbidding van God verbied, te ondermyn. Daar is geen dubbelsinnigheid in die bewoording van hierdie gebod van God nie: "Jy mag vir jou geen gesnede beeld of enige gelykenis maak van wat bo in die hemel is, of van wat onder op die aarde is, of van wat in die waters onder die aarde is nie. Jy mag jou voor hulle nie neerbuig en hulle nie dien nie; want Ek, die HERE jou God, is ‘n jaloerse God wat die misdaad van die vaders besoek aan die kinders, aan die derde en aan die vierde geslag van die wat My haat; en Ek bewys barmhartigheid aan duisende van die wat My liefhet en my gebooie onderhou" (Ex. 20:4-6 AOV).

Omdat hierdie gebod so duidelik in sy veroordeeling van beelde en afbeeldings is, het die Roomse kerk dit uitgelaat in hulle lys van die Tien Gebooie in hulle kategismusse. Ten einde voorsiening te maak vir voltalligheid van die "Tien Gebooie", in ag genome die weggelate gebod, het hulle die Tiende Gebod in twee gedeel! Alhoewel hulle die Tweede Gebod formeel uit hulle kategismusse weggelaat het omdat hulle nie hulle onwettige gebruik van beelde en beelde kan regverdig nie, bly die volle teks van die Tweede Gebod deel van hulle goedgekeurde Bybels as `n getuie teen hulle afgodediens.

Die Tweede Gebod maak dit absoluut duidelik dat God die gebruik van beelde en afbeeldings deur Sy volk, van watter aard ookal, verag. Maar nogtans is die kerke van die meeste van belydende Christendom deurtrek met beelde, beelde en prente. Geen kerk kan die gebruik van beelde, afbeeldings en prente in hulle aanbidding van God regverdig terwyl God hierdie praktyk streng verbied nie. God die Vader en Jesus Christus kan nie deur beelde en afbeeldings aanbid word nie. Ook sal God nie die gebruik van beelde en afbeeldings om ander persone of wesens te aanbid of te vereer, duld nie.

Die aanbidding van Maria en die verering van die apostels en ander heiliges het geen plek in ware Christendom nie. Al sulke aanbidding word streng verbied deur die Tweede Gebod. Dit is blatante afgodediens om enige persoon of wese bykomstig tot God of in plaas van God, te vereer. Paulus het die gelowiges van sy tyd gewaarsku dat diegene wat aan afgodediens deelgeneem het, onder die oordeel van God sou kom net soos die Israeliete van ouds wat hulle hieraan skuldig gemaak het: "En wees ook nie afgodedienaars soos sommige van hulle was nie, soos geskrywe is: Die volk het gaan sit om te eet en te drink en het opgestaan om te speel. En laat ons nie hoereer soos sommige van hulle gehoereer het nie, en daar het op een dag drie en twintig duisend geval. En laat ons Christus nie versoek soos ook sommige van hulle gedoen het nie, en hulle het deur die slange omgekom…Daarom, my geliefdes, vlug vir die afgodediens" (I Kor. 10:7-9, 14 AOV).

Paulus se waarskuwing aan die Korinthiërs maak dit baie duidelik dat die Tweede Gebod steeds van krag is. Dit is selfs meer bindend onder die Nuwe Verbond as wat dit onder die Ou Verbond was aangesien Jesus Christus dit vergroot en versterk het deur Sy lering en voorbeeld. Die aanbidding van God in gees en in waarheid vereis om God lief te hê met die hele hart en verstand. Die ware aanbidding van God die Vader en Jesus Christus laat geen ruimte in die hart en die verstand om ander te aanbid nie. Soos die Skrif wys, begin afgodediens in die hart en die verstand. Dit staan in Esegiël geskryf: "Daarop het manne uit die oudstes van Israel na my gekom en voor my gaan sit. Toe het die woord van die HERE tot my gekom en gesê: Mensekind, hierdie manne het hulle drekgode in hulle hart opgeneem en die struikelblok tot hulle ongeregtigheid voor hulle aangesig neergesit—sou Ek My dan werklik deur hulle laat raadpleeg? Daarom, spreek met hulle en sê vir hulle: So spreek die Here HERE: Elke man uit die huis van Israel wat sy drekgode in sy hart opneem en die struikelblok tot sy ongeregtigheid voor sy aangesig neersit en na die profeet toe kom—Ek, die HERE, sal hom daarvolgens, volgens die menigte van sy drekgode, antwoord gee; sodat Ek die huis van Israel in hulle hart kan gryp, omdat hulle almal deur hul drekgode hul van My afgewend het. Daarom, sê aan die huis van Israel: So spreek die Here HERE: Bekeer julle en wend julle af van julle drekgode en wend julle aangesig af van al julle gruwels. Want elke man uit die huis van Israel en uit die vreemdelinge wat in Israel vertoef, wat hom afsonder en My nie navolg nie en sy drekgode in sy hart opneem en die struikelblok tot sy ongeregtigheid voor sy aangesig neersit en na die profeet toe kom, dat dié My vir hom kan raadpleeg—hom sal Ek, die HERE, self antwoord gee. Ek sal my aangesig rig teen dié man en hom tot ‘n teken en ‘n voorwerp van spot maak, en Ek sal hom uitroei uit die midde van my volk; en julle sal weet dat Ek die HERE is" (Eseg. 14:1-8, AOV).

Net soos Israel van ouds is gelowiges van die Nuwe Testament kerke weggelei van die ware aanbidding van God en tot afgodediens verlei. Afbeeldings van heidense gode is die kerke binnegebring en as gelykenisse van Jesus se moeder en Sy apostels afgesmeer. Meer en meer afbeeldings is bygevoeg, elkeen `n veronderstelde gelykenis van `n gekose heilige van God. Maar die apostel Paulus het die ware oorsprong van hierdie afgode openbaar: "Wat sê ek dan? Dat ‘n afgod iets is, of dat ‘n afgodsoffer iets is? Nee, maar dat die heidene wat dit offer, aan duiwels offer en nie aan God nie. En ek wil nie hê dat julle met die duiwels gemeenskap moet hou nie. Julle kan nie die beker van die Here drink en ook die beker van die duiwels nie. Julle kan nie deel hê aan die tafel van die Here en ook aan die tafel van die duiwels nie" (I Kor. 10:19-21 AOV).

Die apostel Johannes het ook die heidense oorsprong van die afbeeldings wat in die vroeë kerke ingebring is en baie gelowiges na `n valse aanbidding gelei het, verstaan. Teen die einde van die eerste eeu het hy drie verskillende briewe geskryf ten einde die gelowiges tot getrouheid aan die ware aanbidding van God te vermaan. Aan die einde van die eerste brief het hy beveel, "My kinders, bewaar julleself van die afgode" (I Joh. 5:21 AOV).

Daar bestaan geen twyfel dat, in beide die Ou en die Nuwe Testament, enige aanbidding van beelde en afbeeldings veroordeel word nie. Diegene wat die gebruik van beelde en afbeeldings om God te aanbid, leer en beoefen, is in direkte stryd met die Tweede Gebod en sal self deur God verwerp word. God die Vader en Jesus Christus sal nie hulle heerlikheid en eer met `n afgod deel nie. Enige poging om God deur die gebruik van beelde of enige fisiese voorwerp, van watter aard ookal, te aanbid, is om tevergeefs te aanbid.

Ware aanbidding vereis om God lief te hê met die hele hart en verstand, in gees en in waarheid, wat geen plek laat vir verering van of toewyding aan afbeeldings wat deur die verbeelding en hande van mense geskep is nie.

Die Gees en Bedoeling van die Wet en die Profete

Die doel van die Wet en die Profete en al die geskrifte van die Ou Testament was om die mense te leer om God, en slegs vir Hom, lief te hê. Jesus Christus het, toe Hy gevra is watter die grootste gebod is, die gees en bedoeling van die Wet en die Profete openbaar: "En een van hulle, `n wetgeleerde, het `n vraag gestel om Hom te versoek en gesê: Meester, wat is die groot gebod in die wet? En Jesus antwoord hom: Jy moet die Here jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele siel en met jou hele verstand. Dit is die eerste en groot [grootste] gebod. En die tweede wat hiermee gelykstaan [soortgelyk is aan]: Jy moet jou naaste liefhê soos jouself. Aan hierdie twee gebooie hang die hele wet en die profete" (Matt. 22:35-40 AOV).

Onder die Nuwe Verbond word ware aanbidding en liefde vir God moontlik gemaak deur die inwoning van die Heilige Gees wat die gelowige in staat stel om God te vereer en Hom vanuit die hart te gehoorsaam. Deur geloof in Jesus Christus en die inwoning van die Heilige Gees leer die gelowige om elke bevel van God in die volle gees en bedoeling van die wet te gehoorsaam, soos vergroot deur Jesus Christus. Hierdie is die wyse waarop elke ware gelowige die wette en bevele van God sal nakom, dit is, omdat hy of sy God die Vader en Jesus Christus met die hele hart, verstand, wese en krag liefhet. Hierdie geregtigheid, wat op geloof en liefde gegrond is, gaan die geregtigheid van die skrifgeleerdes en Fariseërs vêr te bowe. Jesus het gesê, "Want Ek sê vir julle dat, as julle geregtigheid nie oorvloediger is as dié van die skrifgeleerdes en Fariseërs nie, julle nooit in die koninkryk van die hemele sal ingaan nie" (Matt. 5:20 AOV).

Die geregtigheid wat die geregtigheid van die skrifgeleerdes en Fariseërs te bowe gaan, is die geregtigheid van Jesus Christus, Wie al Sy Vader se bevele in die volle gees en bedoeling van die wet gehoorsaam het. Deur geloof word Sy geregtigheid aan die gelowige wat God liefhet en Sy gebooie hou,toegereken. Hierdie toegerekende geregtigheid is `n gawe wat die gelowige deur die oorvloed van die Vader se genade ontvang. Dit word "die geregtigheid van geloof" genoem omdat, slegs deur geloof in Jesus Christus, dit moontlik is om aan hierdie geregtigheid deel te hê.

Die Geregtigheid van Geloof van die Ware Gelowige

Wanneer `n gelowige deur geloof in die offerande van Jesus geregverdig word van sondes van die verlede en hy of sy deur volle onderdompeling gedoop word, ontvang hy of sy die gawe van die Heilige Gees as `n verwekking van God die Vader. Die Vader reken die geregtigheid van Jesus Christus dan aan daardie gelowige toe. Hierdie geregtigheid van Jesus Christus wat die gelowige toegereken word, gaan die geregtigheid wat deur die letter van die wet vereis word, vêr te bowe. Sy geestelike gehoorsaamheid was so volmaak, suiwer en heelhartig dat Hy altyd die dinge gedoen het wat Sy Vader behaag het. Hierdie volmaakte geregtigheid het Hy bereik deur die krag van die Heilige Gees wat Jesus sonder maat van die Vader ontvang het.

Die Skrif openbaar dat, wanneer die gelowige met die Heilige Gees deur God die Vader verwek word, hy of sy dan begin om die verstand/denke/sinne, (Engels – "mind of Christ"), van Jesus Christus te ontvang. Met die verstand van Jesus Christus word die gelowige versterk om volgens elke woord van God, en in die volle gees van die wet, te lewe.

Paulus beskryf hierdie geestelike transformasei as "Christus onder [in] julle, die hoop van die heerlikheid" (Kol. 1:27 AOV). Elke gelowige begin die wette en bevele van God in sy of haar verstand geskrywe te kry: "maar Hy het, nadat Hy een slagoffer vir die sondes gebring het, vir altyd gaan sit aan die regterhand van God en wag nou verder totdat Sy vyande gemaak is ‘n voetbank van sy voete. Want deur een offer het Hy vir altyd volmaak die wat geheilig word. En ook die Heilige Gees gee aan ons getuienis; want nadat Hy tevore gesê het: Dit is die verbond wat Ek met hulle sal sluit ná dié dae, spreek die Here verder: Ek sal my wette gee in hulle hart, en in hulle verstand sal Ek dit inskrywe, en aan hulle sondes en hulle ongeregtighede sal Ek nooit meer dink nie." (Heb. 10:12-17 AOV).

Onder die Nuwe Verbond word die wette en bevele van God in die verstand van elke gelowige deur die gawe van die Heilige Gees geskrywe wat aan die gelowige die krag gee om vrugte van geregtigheid tot ewige lewe, te dra.

Om die Bevele van God te Verwerp is Wetteloosheid

Soos reeds gesê, het Jesus in die Bergpredikasie geen twyfel gelaat dat die bevele van God nie net in die letter van die wet nie maar in die gees van die wet geleer en beoefen moet word. Toe Hy aan die einde van Sy preek kom het Hy gewaarsku dat daar valse profete, (leraars), sal wees wat sal verkondig dat gehoorsaamheid aan die wette en bevele van God nie meer vereis word nie: "Maar pas op vir die valse profete wat in skaapsklere na julle kom en van binne roofsugtige wolwe is…So sal julle hulle dan aan hul vrugte ken. Nie elkeen wat vir My sê: Here, Here! sal ingaan in die koninkryk van die hemele nie, maar hy wat die wil doen van my Vader wat in die hemele is. Baie sal in daardie dag vir My sê: Here, Here, het ons nie in u Naam geprofeteer en in u Naam duiwels uitgedrywe en in u Naam baie kragte gedoen nie? En dan sal Ek aan hulle sê: Ek het julle nooit geken nie. Gaan weg van My, julle wat die ongeregtigheid [wetteloosheid] werk!" (Matt. 7:15, 20-23 AOV).

Derhalwe is hierdie mense, ten spyte daarvan dat hulle Jesus Christus se naam gebruik, Hom hulle Here noem en selfs kragtige dade in Sy naam doen, nie van of uit God nie! Hulle kom as dienaars en predikers van die waarheid voor maar is in werklikheid dienaars van die god van hierdie wêreld, Satan die duiwel, wie God se bevele van die begin af verwerp het. Elkeen wat ongehoorsaamheid aan die wette en bevele van God verkondig, volg in die voetstappe van Satan, die eerste wetsverbreker! Dit is waarom Jesus aan die Fariseërs gesê het dat hulle die duiwel as vader het. Terwyl hulle voorgegee het om die wette en bevele van God na te kom en ander te leer om dit te doen, het hulle in werklikheid hulle eiegodsdienstige wette, reëls en tradisies, (soos onder andere hedendaags vervat in Code of Jewish Law), in die plek van God se wette en bevele, beoefen en verkondig.

Gedurende Jesus se bediening op aarde het Hy die godsdienstige leiers van Judaïsme vir hulle oorleweringe of tradisies, veroordeel aangesien hulle dit van meer belang geag het as die wette en bevele van God. Hy het dit duidelik gemaak dat, deur hulle eie tradisies na te volg, hulle die bevele van God verwerp het: "Daarop stel die Fariseërs en die skrifgeleerdes Hom die vraag: Waarom wandel u dissipels nie ooreenkomstig die oorlewering van die ou mense nie, maar eet brood met ongewaste hande? En Hy antwoord en sê vir hulle: Tereg het Jesaja oor julle, geveinsdes, geprofeteer soos geskrywe is: Hierdie volk eer My met die lippe, maar hulle hart is ver van My af. Maar tevergeefs vereer hulle My deur leringe te leer wat gebooie van mense is. Want terwyl julle die gebod van God nalaat, hou julle aan die oorlewering van mense vas: die wassery van kanne en bekers, en ander dergelike dinge van dieselfde aard doen julle baie. En Hy sê vir hulle: Julle verstaan dit goed om die gebod van God opsy te sit en so julle oorlewering te onderhou. Want Moses het gesê: Eer jou vader en jou moeder; en: Hy wat vader of moeder vloek, moet sekerlik sterwe. Maar julle sê: As ‘n mens aan vader of moeder sê: Enige voordeel wat u van my mag geniet, is korban, dit is ‘n offergawe— dan laat julle hom nie meer toe om iets vir sy vader of sy moeder te doen nie. So maak julle dan die woord van God kragteloos deur julle oorlewering wat julle bewaar het; en dergelike dinge van dieselfde aard doen julle baie." (Mark. 7:5-13 AOV).

Die oorgrote meerderheid van die wêreld se belydende Christene het dieselfde fout as die Fariseërs begaan deur mensgemaakte tradisies as lering te verkondig en te hou instede van die bevele van God na te kom. Wel, volgens Jesus is hulle werkers van wetteloosheid, (=ongeregtigheid).

In sy eerste sendbrief gee die apostel Johannes `n baie duidelike omskrywing van wetteloosheid/ongeregtigheid. "Elkeen wat die sonde doen, doen ook die wetteloosheid, want die sonde is wetteloosheid." (I Joh. 3:4 AOV ). Die Engelse King James het dit as, "Whosoever committeth sin transgresseth also the law, for sin is the transgression of the law".

Om wetteloosheid te beoefen is om in `n staat van sonde te leef, om sonde as `n lewensgewoonte te pleeg. Met ander woorde, wetteloosheid is die gewoontelike verbreking van God se wette en bevele. Godsdienstige leiers wat wetteloosheid verkondig en beoefen, kom voor as regverdiges aangesien hulle die name van God en Jesus Christus gebruik en gereeld uit die Skrif aanhaal. Hulle is egter nie ware dienaars van God nie want hulle verwerp Sy wette en bevele.

Die apostel Judas, broer van Jesus Christus, het gesien hoedat, reeds in die kerke van sy tyd, wetteloosheid posgevat en versprei het. Judas het `n dringende pleidooi tot die gelowiges gerig om die goddelose leraars van wetteloosheid te verwerp. Hierdie valse leraars het die genade van God na bandeloosheid verdraai deur `n vals evangelie van geloof sonder gehoorsaamheid te verkondig en God se bevele met oorleweringe, wat hulle oorsprong in die antieke heidendom het, te vervang: "Geliefdes, terwyl ek alle ywer aanwend om aan julle oor ons gemeenskaplike saligheid te skrywe, het ek die noodsaaklikheid gevoel om julle deur my skrywe te vermaan om kragtig te stry vir die geloof wat eenmaal aan die heiliges oorgelewer is. Want sekere mense het ingesluip wat lank tevore al opgeskryf is vir hierdie oordeel, goddelose mense wat die genade van onse God verander in ongebondenheid, en die enigste Heerser, God, en onse Here Jesus Christus verloën." (Judas 3-4 AOV).

Ook die apostel Petrus het gewaarsku teen vals leraars wat die weg van gehoorsaamheid aan God se bevele, soos deur Jesus geleer en beoefen, sou verwerp: "Maar daar was ook valse profete onder die volk, net soos daar onder julle valse leraars sal wees wat verderflike ketterye heimlik sal invoer, en ook die Here wat hulle gekoop het, verloën [deur Sy gebooie te verwerp] en ‘n vinnige verderf oor hulleself bring; en baie sal [as gesaghebbend] hulle verderflikhede navolg, en om hulle ontwil [as gevolg van hulle] sal die weg van die waarheid gelaster word" (II Pet. 2:1-2 AOV).

Diegene Wat die Gebooie van God Verwerp Oordeel die Wet en die Wetgewer

Diegene wat verkondig dat die gebooie van God afgeskaf is, vel verwaand `n oordeel oor die wette van God. Die volgende uittreksel verteenwoordig een so `n lering: "In fact, the whole law of Moses has been rendered inoperative. The New Testament message is clear for all who have ‘ears to hear.’ The whole of the law of Moses has been rendered inoperative by the death of the Lord Jesus. The law, in its entirety, no longer has any immediate and forensic authority or jurisdiction whatsoever over anyone….Christ is the complete end and fulfillment of all of the laws’ 613 commandments, ending their jurisdiction over us completely" (Tardo, Sunday Facts & Sabbath Fiction, p. 26- 27).

Deur die wette van God op hierdie wyse ongeldig te verklaar eien die godsdienstige leraars van hierdie wêreld hulself die gesag van God as Wetgewer toe. Die apostel Jakobus veroordeel hierdie goddelose, aanmatigende houding om die wette wat God vir alle mense ingestel het, te oordeel: "Broeders, moenie van mekaar kwaad spreek nie. Dié wat kwaad spreek van sy broeder en sy broeder oordeel, spreek kwaad van die wet en oordeel die wet; en as jy die wet oordeel, is jy nie ‘n dader van die wet nie, maar ‘n regter. Een is die Wetgewer, Hy wat mag het om te red en te verderf. Maar jy, wie is jy wat ‘n ander oordeel?" (Jak. 4:11-12 AOV).

Om die wette en bevele van God te oordeel en Hom as Wetgewer te verwerp, is die absolute toppunt van wetteloosheid. Hierdie vorm van godsdiens is gewortel in menslike selfgeregtigheid, nie in die geregtigheid wat Jesus Christus geleer en beoefen het nie.

Die Bybelboek Job hou `n blywende les in vir almal wat hulle eie geregtigheid bo die geregtigheid van God stel. Die antieke patriarg, Job, het homself as regverdig beskou want hy het voortdurend offerandes aan God geoffer. Hy het homself egter begin verhef deur op sy eie geregtigheid staat te maak, in stede van om op God te vertrou. Hy het so erg gespog met, en geroem op, sy eie geregtigheid dat God `n hele reeks ernstige beproewinge oor hom laat kom het. Nadat hy eers al sy besittings en sy kinders verloor het, is hy met swere aan sy lyf, van kop tot tone, getref. Toe sy beproewinge te swaar word vir hom het drie vriende hom besoek maar hulle kon hom nie troos nie. Sy vriende het hom van kwade dade begin beskuldig en hom aangespoor om hom te bekeer ten einde nie verdere straf van God te ontvang nie. Hoe meer hulle hom veroordeel het, hoe meer het Job egter sy eie regverdigheid verdedig. Hy het toe begin om God te veroordeel en van onregverdigheid en ongeregtigheid in Sy dade, te beskuldig. Toe hy `n begeerte om sy saak voor God Self te bepleit, het God gereageer deur Job self te antwoord: "En die HERE het Job uit `n storm geantwoord en gesê: ‘Gord tog jou heupe soos `n man; Ek sal jou ondervra en onderrig jy My. Wil jy werklik My reg verbreek, My veroordeel sodat jy gelyk kan hê?" (Job 40:1-3 AOV).

Soos Job uitgevind het, is God, en God alleen, Verlosser. Hy het kragtig aan Job verklaar dat sy eie regverdigheid hom nooit kan red nie: "Het jy dan `n arm soos God? En kan jy donder met die stem soos Hy? Versier jou tog met heerlikheid en hoogheid, en beklee jou met majesteit en glorie! Giet jou toorn in strome uit; en kyk na alles wat hoog is, en verneder dit. Kyk na alles wat hoog is, onderwerp dit; en werp die goddelose neer daar waar hulle staan. Begrawe hulle almal saam in die stof; sluit hulle aangesigte in ‘n verborge plek weg. Dan sal ook Ek jou loof, omdat jou regterhand jou die oorwinning gegee het." (Job 40:4-9 AOV). Nadat hy hierdie woorde van God gehoor het, het Job homself verag vir sy sonde van selfgeregtigheid en het hy in berou hom voor God in stof en as verneder (Job 42:6).

Dit is wat hierdie mense wat voorgee dat hulle Christene is maar wetteloosheid bedrywe, moet doen. Hulle moet hulle selfgeregtige tradisies van mense, en wat hulle beoefen het, agterlaat en hulle onderwerp aan die geregtigheid van God die Vader en Jesus Christus.

Die hedendaagse leiers van die Christendom moet let op die woorde van waarskuwing wat Jesus aan die skrifgeleerdes en Fariseërs van Sy dag gerig het. Net soos die selfgeregtige leiers van die Jode, het die leiers van die Christenkerke oorlewerings en leerstellinge wat in konflik met die opdragte van God is, aangeem.

By nadere ondersoek van die geskiedenis van die Christendom vind mens gou uit dat die tradisionele leringe en praktyke van die hedendaagse kerke nie die leringe van Jesus Christus is nie. Ware Christelikheid, soos oorspronklik deur Jesus Christus en Sy apostels geleer is, is van binne deur vals leraars van wetteloosheid ondermyn. Die leringe van hierdie "goddelose mense" waaroor Petrus en Judas geskryf het, is oorgelewer in die geskrifte van die vroeë Kerkvaders en is deur die Roomse kerk as gesaghebbende oorleweringe aanvaar.

Oor die eeue heen het die Roomse kerk in mag gegroei en haar invloed gebruik om elke laaste oorblyfsel van die ware leringe van Jesus Christus uit te wis. Na `n magstryd tussen die biskop van Rome en die biskop van Konstantinopel, het die dit verdeel in die Rooms Katolieke en die Oos-Ortodokse kerke. Soos die Oos Ortodokse kerk die Ooste gedomineer het, het die leringe van die Rooms Katolieke kerk die denke van die ganse Westerse wêreld help vorm. Die gesag van Katolieke lering is eers vir die eerste keer daadwerklik in die openbaar uitgedaag deur Martin Luther. Toe Martin Luther die korrupsie en wetteloosheid van die Rooms Katolieke kerk uitgedaag het, het dit gelyk asof hy na die waarheid van God soek. Hy het naarstigtelik gewerk om die Skrif in Duits te vertaal sodat die gewone mense die Woord van God self kon lees en daaruit leer. Maar, helaas, die godsdiens wat as resultaat van Martin Luther se leringe ontwikkel het, bekend as Lutherisme, het nie die ware leringe van Jesus Christus herstel nie. Die hervorming wat Martin Luther begin het is nooit voltooi nie want hy het die Tweede en die Vierde Gebooie verwerp. As resultaat hiervan het die nuwe godsdiens wat hy begin het, begin om `n ander vorm van wetteloosheid te bevorder.

Luther het geleer dat, wanneer iemand deur genade gered is, hy of sy daardie verlossing nie weer kan verloor nie ongeag die intensiteit van sondes wat gepleeg mag word. Hierdie verdraaide lering blyk duidelik uit `n brief van Luther: "Be a sinner, and let your sins be strong, but let your faith in Christ be stronger, and rejoice in Christ who is the victor over sin, death, and the world. We will commit sins while we are here, for this life is not a place where righteousness can exist….No sin can separate us from Him, even if we were to kill or commit adultery a thousand times each day" (Martin Luther, Saemmtliche Schriften, Letter 99, 1 August 1521, translated by Erika Flores in The Wittenberg Project, The Wartburg Segment, as published in Grace and Knowledge, Issue 8, September 2000, Article "Ecclesiasticus: The Wisdom of Ben-Sirach," p. 27).

Hierdie woorde van Martin Luther lê die diepte van die lering van wetteloosheid waartoe baie godsdienstige leiers gedaal het, bloot. Hierdie lering is die toppunt van die verdraaide "genade" wat deur die apostel Judas veroordeel is, `n lering wat die gebooie van God verwerp en verlof verleen tot die pleeg van sonde, sonder perke. Luther se lering aangaande moord en owerspel is lynreg in stryd met Jesus Christus se eie lering daaromtrent, wie die toepassing en raakveld van die Sesde en Sewende Gebooie in besonderhede vergroot en versterk het.

Die bevorderaars van wetteloosheid het daarin geslaag om die oorgrote meerderheid van belydende Christene sover te kry om `n vals genade te aanvaar. Soos wat die Nuwe Testament wys, lei hierdie verwronge siening van genade nie tot verlossing nie. Op die Oordeelsdag sal die leraars van wetteloosheid, wat as godsdienstige leiers geëer is en waarvan sommige moontlik boonop opspraakwekkende dade in die naam van Jesus Christus gedoen het, verwerp word: "Baie sal in daardie dag vir My sê: Here, Here, het ons nie in u Naam geprofeteer en in u Naam duiwels uitgedrywe en in u Naam baie kragte gedoen nie? En dan sal Ek aan hulle sê: Ek het julle nooit geken nie. Gaan weg van My, julle wat die ongeregtigheid [= wetteloosheid] werk!

Die werkers van wetteloosheid sal in die poel van vuur gewerp word om die oordeel van ewige dood, vanwaar daar geen opstanding is nie, te ontvang: "Maar wat die vreesagtiges aangaan en die ongelowiges en gruwelikes en moordenaars en hoereerders en towenaars en afgodedienaars en al die leuenaars hulle deel is in die poel wat brand met vuur en swawel: dit is die tweede dood" (Op. 21:8 AOV).

Jesus het gedurende Sy bediening verklaar dat diegene wat weier om na Sy lering te luister, deur die woorde wat Hy gespreek het, veroordeel sal word: "En Jesus het uitgeroep en gesê: Wie in My glo, glo nie in My nie, maar in Hom wat My gestuur het. En wie My aanskou, aanskou Hom wat My gestuur het. Ek het as ‘n lig in die wêreld gekom, sodat elkeen wat in My glo, nie in die duisternis sou bly nie. En as iemand na my woorde luister en nie glo nie, Ek oordeel hom nie; want Ek het nie gekom om die wêreld te oordeel nie, maar om die wêreld te red. Wie My verwerp en my woorde nie aanneem nie, het een wat hom oordeel: die woord wat Ek gespreek het, dit sal hom oordeel in die laaste dag. Want Ek het nie uit Myself gespreek nie; maar die Vader wat My gestuur het, Hy het My ‘n gebod gegee wat Ek moet sê en wat Ek moet spreek. En Ek weet dat sy gebod die ewige lewe is. Wat Ek dan spreek—net soos die Vader vir My gesê het, so spreek Ek" (Joh. 12:44-50 AOV).

Die leringe van Jesus Christus, soos opgeteken tydens die Bergpredikasie, dra die volle gesag van God die Vader: "En toe Jesus hierdie woorde geëindig het, was die skare verslae oor sy leer; want Hy het hulle geleer soos een wat gesag het, en nie soos die skrifgeleerdes nie" (Matt. 7:28-29 AOV). Jesus het in die Bergpredikasie die volle geestelike bedoeling en toepassing van die wette en bevele van God geleer, wat die geestelike standaard is vir die Nuwe Verbond. Hierdie is die maatstaf waarvolgens elke ware gelowige, nou, gedurende hierdie lewe, geoordeel word, en, waarvolgens die hele mensdom uiteindelik geoordeel sal word.

 

BOOKS